Ek sukkel om te skryf, want al my gedagtes is oor jou;
My bank voel ongemaklik, want ek wil jou in my arms voel;
Ek wil nie die wyn drink nie, want ek wil dit op jou lippe proe;
Die Issey in die lug stink, want ek wil dit in jou nek ruik;
Ander oproepe frustreer my, want dis jou stem wat ek wil hoor;
Alles lyk skielik vaal, want dis vir jou wat my oë wil sien;
Ek sukkel om te skryf,
Ek sukkel om te skryf,
Alles oor daardie minute sonder jou.

Onlangse ondersteuners: