Ek sukkel om te skryf, want al my gedagtes is oor jou;
My bank voel ongemaklik, want ek wil jou in my arms voel;
Ek wil nie die wyn drink nie, want ek wil dit op jou lippe proe;
Die Issey in die lug stink, want ek wil dit in jou nek ruik;
Ander oproepe frustreer my, want dis jou stem wat ek wil hoor;
Alles lyk skielik vaal, want dis vir jou wat my oë wil sien;
Ek sukkel om te skryf,
Ek sukkel om te skryf,
Alles oor daardie minute sonder jou.

Sjoe mens maar dis mooie woorde. Hierdie song van Kelly Marie het dadelik in my kop ingeklim.
“My head is in a spin
My feet don’t touch the ground.
Because your near to me
My head goes round and round.
My knees are shaking baby
My heart it beats like a drum
It feels like it feels like I’m in love.”
Geniet dit
Ek doen dankie
Verlang vreeslik na jou
Kom lê so bietjie langs my…..
hey, dis baie mooi.
Ek wil ook bietjie weer verlief raak…
I can recommend it.
Jip! Baie mooi…
Jip. Niks wat ons verder vir die man kan doen nie.
Die skoot is te hoog deur.
Skryf daar nog ‘n punt op vir die liefde.
Ek stem saam Juppie… die koors loop hoog en nie eers hoendersop en Disprins gaan help nie, maar nou ja, wie wil dan nou ook ‘n man van sulke woorde se koors breek?
ek het nie verkoue nie… tsk tsk tsk
Ai dis mooi ek stem saam met Ellablou!