Sit bietjie terug. Maak jou oë toe en maak in jou verbeeldingswêreld ‘n lysie van al die dinge waaroor jy gelukkig is, daardie dinge wat spesiaal is, daardie wonderlike seëninge…. die dinge wat hemels is.
Vat nou jou verbeeldingslysie en vergelyk dit wat jy het, met ander mense wat jy ken, ons praat nie eers van die boemelaar of bedelaar nie. Het almal daai wonderlike gelukkies wat jou dag vervolmaak? Of is dit so vêr agter kla en negatiwiteit verdoesel, dat ons nie eers meer ons eie geluk besef nie, ons koester dit nie meer nie.
Ons het nie almal dieselfde items op ons hemelslysie nie, maar maak die tyd om te koester wat jy het.
Ons musikale olimpiese spele vandag is Brian Adams vs DJ Sammy….
Let the games begin!
Tags: brian adams, dj sammy, heaven, hemels
Snaaks hoe, as jy eers daaraan begin dink, dat die lysie net groei en groei en dan besef jy hoeveel jy regtig het wat jou gelukkig maak. Ek dink dis soms human nature om net die negatiewe raak te sien.
Vir die musikale spele is Bryan Adams natuurlik my wenner – ek hou niks van techno nie.
Presies, as jy eers begin dink trek jy sommer vinnig by hele lys.
Ek stem vir Live se Heaven
Dit is mooi ja skerpste… te mooi vir die “B” race
Ek is meer bekend met DJ Sammy se Heaven. Bryan Adams s’n klink amper vir my soos ‘n cover.
Skande, ek weet.
Hehehe, glo nie hy sal dit waardeer nie…
Heaven is having a guy with tight glutes to come home to
ok, ok, die feit dat hy my adore is ‘n bonus
Jy sing seker vir hom lullaby’s……. geen man sal dit kan weerstaan nie.
Guys is eintlik almal suckers – en klein seuntjies at heart… wee’ jy hoe min vrouens verstaan van lullabies sing?? werk soos ‘n bom daai – elke keer
(en meesal gee hulle netso min om of jy nootvas is as wat hulle omgee oor hoeveel jy weeg – dis net ons girls wat vas glo dat daar die een of ander maatstaf is – mans is eintlik vreeslike dankbare wesentjies
Jinne jy is slim, jy moes 2 gewees het.