Wasserfall herinner my op die radio,
Asem in; uit, Op vlerke my Suikerbos;
dit voel of lewe in jou kar wegry.
‘n Stukkie van my is vandag saam jou,
en more, en oormore, elke dag vir jou.
Die sonsopkoms was oor jou,
Die koffie is lekker oor jou,
Ek sien die mooi oor jou,
Die week lyk ewig,
Alles, alles, net oor jou.

n Groot deel van my het vanoggend agtergebly. Die gaan n lang week wees.
Ek sal daai stuk mooi oppas.
Darem nie soooo lank nie … net 5 slapies …
Dit klink soos ‘n ewigheid!
maar jy dink diep so vroeg in die week. Maar snaaks dis nie te depro nie, net die regte hoeveelheid diep dink.
Dis my muse se goeie invloed….
Oi – jy het die skoot HOOG deur
Geniet die liefde!
Plein, watse dupa het jy in die man se koffie gegooi? Wat dit ookal was, dis dodelik.
Anna as die die uitwerking van n dupa is moet ek verseker nog tonne van dit kry.
Het jy ‘n besem en ‘n kat en ‘n hoed gekry…la la la la
Issit nie nogal so nie… Somehow when we miss someone the whole world suddenly seems depopulated.
Its a beautifull thing…this madness called love.
Yip…. beeeeuaiiitifuuuuuull
Goeie genade! Pleintjie moes al lankal jou drumpel gekry het!!