Archive | 9:29 vm

Geseënd

30 Jun

Hulle seg mos gelukkig kan jy jou vriende kies, maar jy is stuck met die familie wat aan jou toegedeel is. Moeder Natuur kan nogals ‘n snaakse sin vir humor hê in sekere familie gevalle, veral as jy na programme soos Jerry Springer kyk, of die Huisgenoot onder oog kry.

Ek is egter gelukkig dat ek ‘n familie gekry het wat deur dik en dun saam sal staan. Daar is nie een persoon wat ek aan kan dink wat ek nie die swaard voor sal opneem nie (ok, miskien dalk nie my tannie se tweede man, onder almal bekend as Die Poephol nie), so hierdie inskrywing gaan nie oor familie nie.

Wat my egter meer geseënd maak, is dat ek deur die jare ‘n vriendekring opgebou het wat skrik vir niks. Ek praat nie van kennisse nie, ek praat van vriende. Daai met wie jy elkeen, enigiets kan bespreek. Ek is nie die tipe persoon wat my tyd mors met opeervlakkige kennisse nie, ek sal eerder die tyd aan daardie vriende spandeer, wat ek met die hand uitgesoek het. Vriend is ‘n woord wat somtyds sommer so maklik rondgegooi word, maar weet versker dis nie by my die geval nie.

Omdat elkeen unieke eienskappe het, het ek ook baie van my menswees vanaf hulle gekry. Daardie aansporing om die beste mens moontlik te wees, nie net ‘n persoon waarop jou familie kan trots wees nie, maar ook een waarop jou vriende trots kan wees, en hulle wedersyds inspirasie vanaf kan ontvang.

Hierdie song is opgedra aan al my vriende wat, dalk somtyds sonder hulle wete, ‘n moerse verskil in my lewe gemaak het. (En ook aan die wat ek nog gaan ontmoet.) Julle is spesiaal, weet dat julle gekies is! Dankie.

Die song is dalk al holruggery, maar elke woord daarin laat my dink aan hoe geseënd ek was, dat mense soos julle my lewenspad gekruis het. Ek hoop ek is ook die tipe vriend wat julle elkeen vir my is. Ek hoop ek is die vriend wat elkeen van julle verdien.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 48 other followers