Hulle seg mos gelukkig kan jy jou vriende kies, maar jy is stuck met die familie wat aan jou toegedeel is. Moeder Natuur kan nogals ‘n snaakse sin vir humor hê in sekere familie gevalle, veral as jy na programme soos Jerry Springer kyk, of die Huisgenoot onder oog kry.
Ek is egter gelukkig dat ek ‘n familie gekry het wat deur dik en dun saam sal staan. Daar is nie een persoon wat ek aan kan dink wat ek nie die swaard voor sal opneem nie (ok, miskien dalk nie my tannie se tweede man, onder almal bekend as Die Poephol nie), so hierdie inskrywing gaan nie oor familie nie.
Wat my egter meer geseënd maak, is dat ek deur die jare ‘n vriendekring opgebou het wat skrik vir niks. Ek praat nie van kennisse nie, ek praat van vriende. Daai met wie jy elkeen, enigiets kan bespreek. Ek is nie die tipe persoon wat my tyd mors met opeervlakkige kennisse nie, ek sal eerder die tyd aan daardie vriende spandeer, wat ek met die hand uitgesoek het. Vriend is ‘n woord wat somtyds sommer so maklik rondgegooi word, maar weet versker dis nie by my die geval nie.
Omdat elkeen unieke eienskappe het, het ek ook baie van my menswees vanaf hulle gekry. Daardie aansporing om die beste mens moontlik te wees, nie net ‘n persoon waarop jou familie kan trots wees nie, maar ook een waarop jou vriende trots kan wees, en hulle wedersyds inspirasie vanaf kan ontvang.
Hierdie song is opgedra aan al my vriende wat, dalk somtyds sonder hulle wete, ‘n moerse verskil in my lewe gemaak het. (En ook aan die wat ek nog gaan ontmoet.) Julle is spesiaal, weet dat julle gekies is! Dankie.
Die song is dalk al holruggery, maar elke woord daarin laat my dink aan hoe geseënd ek was, dat mense soos julle my lewenspad gekruis het. Ek hoop ek is ook die tipe vriend wat julle elkeen vir my is. Ek hoop ek is die vriend wat elkeen van julle verdien.
Tags: familie, vriende, you raise me up
Daai song bly pragtig. En ek kan nie wag om jou ook meer as net my virtuele vriend te noem nie.
Ek ook nie… ons gaan LEKKER partiekie die naweek, en ek weet somer klaar jy gaan meer as net ‘n kennis wees.
Iemand het eendag iewers gesê: Vriende is die familie wat jy vir jouself kies.
Daar is ‘n groep mense wat graag verkondig dat hulle maklik vriende maak. Hulle moet ook maklik vriende maak, hulle verloor net so vinnig hulle vriende. Jammer hulle verstaan nie die verskil tussen kennis en vriende nie.
En dis ‘n groot verskil daardie.. baie groot een.
Ja, dis verskil om maklik vriende te maak vs. maklik met mense oor die weg te kom. Dit verskil hemelsbreed.
Friendship is made in the heart,
Silent..
Unwritten..
Unbreakable by distance..
Unchangeable by time..
Dis mooi sonnie.
As ek gou met Oom Neels se kallers kan ploeg:
‘n Man wat nie vyande het nie deug nie vir ‘n vriend nie.
En het jy nie die absolute mooiste juwele as vriende nie.
En ek hoop regtig jy sal hulle ook eendag vriende kan noem.
Hey meeste, ok wag almal het amper te vinnig in hierdie hartjie gekruip.
Jinne ja, ek wonder partykeer wat ek reg gedoen het om die vriende te kry wat ek het. Want verdien verdien ek hulle sowaar nie!
Hoe weet jy?
Dit is so waar wat jy sê. Ek persoonlik maak nie gou vriende nie en dit vat nogal ‘n harregat persoon om my mure af te breek. Ek het wel ‘n handjievol mense wat ek waarlik vriende noem en weet hulle sal altyd daar wees in my sonnige sowel as donker dae.
Dis daardie ware handjievol wat die verskil maak.
Daai song kan nooit holruggery word nie ….
Oops sorry daar lieg ek amper …. hy was ‘n bietjie holruggery toe my dogter hom vir 2jr lank as wekker gebruik het …
The heart holds dear those whom are kind. But sad when treated unkindly.