Archive | 6:30 vm

Vrydagskool…Menswees201

2 Jul

Weereens het daar ‘n trein omgeneek die week. Weereens mense beseer, gelukkig is niemand dood soos met die vorige een ‘n paar weke terug nie.

Kan mens so kortsigtig wees om nie aan nagevolge van dade te dink nie? Hoe peuter mens met die spoorlyn, of steel jy die sleepers sonder om te dink dat ‘n trein wat daaroor gaan die gevaar mag loop om te ontspoor? En as daardie trein ontspoor mag daar beserings of selfs dood wees, en daardie beserings of doodslag het dan weer invloed op daardie mense se families…. die kring word groter, en dit alles oor die steel van ‘n treinspoor sleeper.

Dade en woorde het gevolge, dit gaan nie altyd net oor nou nie, maar ook die inpak wat dit oor ‘n sekonde, minuut, uur, dag, week, maand of selfs jaar kan hê.

Ons steel nie almal sleepers onder treinspore uit nie, maar ons sê en doen dikwels dinge wat emosioneel net soveel impak op ander mag hê.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 48 other followers