Die naweek was lekker, baie lekker en het baie dinge opgelewer waroor ek nog steeds wonder vanoggend:
- Jy is amazing. Wat kon ek moontlik gedoen het om ‘n girl soos jy te verdien?
- Kan die bestuur deur ‘n dorre landskap jou dorser maak?
- Wat is die alkohol vlak waar Muurblom-ek-kannie-dans, in Eat-your-heart-out-Saturday-night-fever-se-nemesis verander?
- Hoekom volume-control oppak as jy drink? Mmmm baby?
- Het sekere kleure skoene ‘n groter magnetisme vir kots?
- Verdien sekere kleure skoene om op gekots te word?
- Waar kry jou brein die idee dat jy vir ander Tequila in shot glasies uitdeel… en dat jou sluk uit die bottel uitkom… met elke rondte?
- Op watter alkohol:bloed vlak verander ‘n stil knaap in iemand wat ‘n issue net nie kan los nie?
- Kan alkohol ‘n couple laat vergeet dat hulle getroud is?
- Hoe kan ‘n handjievol mense so ‘n groot gemors maak?
- Hoekom werk sirkels tel net as mens onthou om die sirkels te tel?
- Het ek al genoem dat ek wonder wat ek gedoen het om ‘n ongelooflike girl soos jy te verdien?
- Is dit nie wonderlik dat ouderdom in jare, net ‘n nommer is nie?
- Mag mens vir meer as 25 keer 16 word?
Onlangse ondersteuners: