Nee, nie soos in letterlik ala Jerry Springer nie, en ek soek asseblief nie die Huisgenoot op my spoor nie…
Ek het Saterdag agtergekom ek en Moeder het baie in gemeen. Daar is sekere dinge en tipe mense wat my so irriteer dat ek uiteindelik sukkel om dit weg te steek… of miskien was daar net te veel mense, maar jy sou deur die loop van Saterdagmiddag ‘n paar dosyn eiers in my hol kon kook…. en dit laat my skaam voel, want ek het nie daarin geslaag om die grasieuse gasheer te wees nie.
Reëls bly egter reëls, en hulle was voor die tyd op die tafel gelê, so eintlik voel ek ‘n veer, want by my huis geld my reëls. PUNT. (En Poephol, om daaroor gek te skeer, maak dit net erger, nie beter nie. As jy eendag jou drank kan hanteer, soos my familie, word jy dalk weer uitgenooi na my huis toe.)
Dankie babes… sonder jou was ek seker vandag in ‘n sagte wit kamer, verwyder van skerp voorwerpe.

Onlangse ondersteuners: