Ons kom elke dag met talle ander mense in aanraking. Somtyds net jou ouers, dalk broers en susters…. miskien onderwysers en maatjies. Dalk kom jy in aanraking met kollegas by die werk, of ander mense in winkels… ook die petroljoggie by die vulstasie.
Crosby, Stills, Nash & Young het die lied, Teach Your Children bekend gemaak in 1970. Definitief iets om na te streef, want elke ouer het die geleendheid om die fondamente, die basiese grondslag van menswees by hulle kinders tuis te bring.
Maar, vergeet ons as volwassenes iewers langs die pad dalk die lesse? Vergeet ons wat ons ouers en onderwysers by ons tuisgebring het?
Ons is verantwoordelik vir kinders se opvoeding maar ek dink daar word dikwels vergeet dat die beste manier van onderrig is, om te lei as ‘n voorbeeld.
Dink maar aan die basiese… Groet, asseblief en dankie. Glo my die vrou agter die kasregister waardeer ‘n vriendelike groet na 6 ure agter daardie til. En as jy jou sakkies by die pakker vat is ‘n dankie dalk al wat nodig is om daardie persoon se dag ‘n bietjie op te kikker (behalwe vir dei feit dat dit maar net goeie maniere ook is). Daar is absoluut niks fout met goeie maniere nie, en ‘n vriendelike woord kos jou absoluut niks…. veral as dit die voorbeeld is wat ons besig is om aan die kinders te stel.
Onlangse ondersteuners: