Ons kom elke dag met talle ander mense in aanraking. Somtyds net jou ouers, dalk broers en susters…. miskien onderwysers en maatjies. Dalk kom jy in aanraking met kollegas by die werk, of ander mense in winkels… ook die petroljoggie by die vulstasie.
Crosby, Stills, Nash & Young het die lied, Teach Your Children bekend gemaak in 1970. Definitief iets om na te streef, want elke ouer het die geleendheid om die fondamente, die basiese grondslag van menswees by hulle kinders tuis te bring.
Maar, vergeet ons as volwassenes iewers langs die pad dalk die lesse? Vergeet ons wat ons ouers en onderwysers by ons tuisgebring het?
Ons is verantwoordelik vir kinders se opvoeding maar ek dink daar word dikwels vergeet dat die beste manier van onderrig is, om te lei as ‘n voorbeeld.
Dink maar aan die basiese… Groet, asseblief en dankie. Glo my die vrou agter die kasregister waardeer ‘n vriendelike groet na 6 ure agter daardie til. En as jy jou sakkies by die pakker vat is ‘n dankie dalk al wat nodig is om daardie persoon se dag ‘n bietjie op te kikker (behalwe vir dei feit dat dit maar net goeie maniere ook is). Daar is absoluut niks fout met goeie maniere nie, en ‘n vriendelike woord kos jou absoluut niks…. veral as dit die voorbeeld is wat ons besig is om aan die kinders te stel.
Die twee towerwoorde . . . Ek wonder nogal hoekom word die derde – ekskuus – gewoonlik vergeet.
Dit is nogal die probleem met dissipline vandag. Ouers verwag van kinders om onder reëls te lewe waaronder hulleself nie wil lewe nie. Doen wat ek sê en nie wat ek doen nie is ‘n pot snot.
Ekskuus is net so belangrik ja.
Amen
Ek voel lus en stuur die lied vir ‘n paar mense. Dis asof maniere by die agterdeur uitgevlieg het by sommiges. Rooikop is geleer dat maniere nie geld kos nie. Asseblief, dankie, goeie more/naand ens. is tweede natuur. Die ander ding wat my dwars in die krop steek is “jy” en “jou”, veral as die woorde uit ‘n vier-/ses-/tien-jarige se mond uitkom.
Paste daai link en stuur hom die wêreld in… ek dink hulle sal die boodskap verstaan sonder dat jy iets bylas
Dar is niks so goed soos ‘m maniere te he nie. Ek probeer altyd mense behandel soos ek behandel wil word. En ek werk in ‘n call centre so daar is baie min dae dat ek ‘n dankie of eers ‘n hello kry as ek die foon antwoord.
‘n Dankie na die tyd is altyd so warm magie gevoel.
Amen
Ek klap maklik my 22-jarige teddybeer van ‘n middelkind nog agter die koppetjie (dis nou as ek op my se tone staan
) as hy (uiters verstrooide meneertjie) sy manier vergeet. Ek is SUPERstreng oor maniere – groet, dankie ens… en dit sonder aansiens des persoons. Die deemoed van sommige mense is hartroerend mooi as hulle ook met respek behandel word.
Ek stem met Charms – daai jy en jou – ek het met my peetkind se ma ‘n moerawiese uitvalk gehad – (ek het gewen
) oor haar meisiekind met haar so “hierjy” praat. Ek wip my sommer weer!!
Weet jy BB, dit laat my somemr goed voel as ek dit by kinders opmerk… as ek opmerk hoe twee sussies aan die tafel eet, en die een die ander een vra of sy maar mag opstaan. Dit mos nou fondasies om op te bou!
Amen op hierdie post van jou DMI. Vandag is weer die dag wat ek standbeelde by verre bo mense verkies. GRRR!
O ek weet, ek het ook maar general e-mail rondgestuur in kantoor en almal gewaarsku om skerp voorwerpe weg te bêre…