Daar is min songs wat my tot in my siel raak soos Leonard Cohen se Hallelujah. Dis juis die rede hoekom ek hom vir Musikale Spele gekies het. In my soektog na videos was ek baie verbaas om te sien hoeveel keer die song gecover is, wat net weereens ‘n bewys is van Leonard se geniale penvernuf.
Hier is die oorspronklike:
Ek het dit ongelooflik baie geniet om deur youtube te sif…. en het dus Hallelujah ‘n hele paar keer geluister (nie dat ek enigsins omgee nie) … en net daarom sal ons meer as twee deelnemers hê hierdie week:
Bon Jovi (Ek was totaal en al verbaas)
KD Lang (Haunting)
Alexandra Burke (Daai stem!)
Lee DeWyze (American Idol)
So ja… op julle merke… gereed… STEM!
Hello, verstaan nie lekker die stemmery nie. Maar ek stem ook vir Halleluja!! Dit IS en BLY mooi!!!!
Lekker dag
Jy moet stem vir jou gunsteling weergawe.
Ons het op varsity ‘n Afrikaanse weergawe van Hallelujah gesing. Stroop se moses – dit was bekotsingwaardig (my verskoning aan die mense wat aanstoot neem met die woord).
Ek stem ook vir die oorspronklike. Veral na Shrek.
Synde ‘n Bon Jovi aanhanger, sal ek vir hulle stem
stunning
Ek weet nie lekker hoe die stemmery werk nie maar as dit vir een van die hier bo moet wees, dan stem ek vir Bon Jovi. Andersins is die mooiste weergawe vir my van Jeff Buckley.
KD Lang – Absolute hoendervleis weergawe.
Leonard Cohen! Hy kom nou in Ierland sing een van die dae! I like Jeff Buckley weergawe bietjie meer!
Walking legend! Ek dink dit moet ongelooflik wees om hom live te sien.
Ek is stout vir Mathys Roets se weergawe, maar synde dat hy nie op die lys is nie sal ek gaan vir die oorspronklike.
Leonard Cohen.
Ek like ook Mathys sin, maar kon hom nie op video opspoor nie.
Ek luister nog … sover is ek baie impressed met BonJovi se weergawe – aangename verrassing. Sal later kom stem
Wow wow wow! Elkeen is pragtig op sy eie manier … ek sukkel rerig om te kies. Alexandra het omtrent ‘n stem aan haar! Beautiful!
Maar omdat ek ‘n ernstige BonJovi fan is – sal ek dan vir hulle weergawe stem.
love die song een van my heel gunstelings. ek stem bon jovi net oor ek oor hulle vrek maar het jy geweet… en liewe Jesus en my ou moeder vergewe my maar, ou Kurt het dit ook gecover en ek hoop nie ek word deur n weerligstraal geslaan as ek die volgende gaan se nie maar, dis glad nie so bad nie… hiehie
viva musiek spele
Ek is nogal bly ek het dit nog nie gehoor nie… ek kannie nog nagmerries in die aande handle nie
Pragtig almal – kannie kies nie. Ek stem met Plaas Juppie – Matthys Roets doen dit ook lieflik.
Daar is net een wat die song kan sing en dit is Leonard Cohen. Die enigste wat close kom by hom is KD Lang se weergawe – was heel teleur gestel met die 2010 Winter Olympics toe hulle aangekondig het dat sy en nie Leonard Hallelujah gaan sing. Dit was tot sy haar mond oop gemaak het. WoW.
KD Lang sing hierdie een in my hart en siel en selle in.
Jeff Buckley se weergawe het ‘n hoendevleis gevoel. Jy kan elke emosie voel.
Ok ok ek het nou na almal geluister
en hou meeste van die Alexandra Burke se cover
***trompetgeskal**
Geluk aan Leonard… ‘n walking legend!
Ek stem vir Alexandra Burke. Hoendertrane of is dit nou hoendervleis en trane.