Archive | Augustus, 2010

Ek isse cherry oppe koek

30 Aug

Dankie aan Sonkind… aka die girl om die Kouevuur wat my hierdie nominasie gegee het. Sy was nie so lank gelede nie, my partner in crime met dellie se tandem storie (wat nou nog nie klaar is nie :lol: , maar eendag is eendag) Ek is baie bly dat jy aanhou blog het, en nie net verdwyn het nie.

(meer…)

Hoe swaar (lig) weeg jy?

30 Aug

In my strewe, en lewensreis na volwaardig menswees het ek nou al baie gedink aan gepaste maniere van hoe om jou vordering te meet. Daar is mos nou nie noodwendig ‘n skaal of liniaal wat jou menswees kan meet nie. Ek kannie myself in ‘n rekenaar inlees om sommetjies te maak nie…. maar hoe nou?

(meer…)

Vrydagskool….Geskiedenis201

27 Aug

Vandag, 27 Augustus 1896, het die kortste aangetekende oorlog is geskiedenis plaasgevind. Dit was so kort, dat daar eintlik teenstrydighede van die verskillende bronne is van hoe lank die oorlog geduur het.

wikipedia

(meer…)

My Lekkerkry

25 Aug

Die kleur van my smartiedag

Die suiker om my jellytots

Die krackle in my milkybar

Jy is die soet van my tand.

 

Jy is die stuk wat my legkaart voltooi,

en die noot wat my laat huppelstap.

Jy is die prozak wat my altyd laat lag,

en die muti vir verlede se seer.

 

Die vla oor my malvapoeding

Die sprinkles oor my roomys

Die gars in my bottel bier

Jy is die een wat mooi afrond.

 

Jy is die stuk wat my legkaart voltooi,

en die noot wat my laat huppelstap.

Jy is die prozak wat my altyd laat lag,

en die muti vir verlede se seer.

 

Die blou in my verlangende oë

Die smaak op my honger lippe

Die warm op my hoendervleis vel

Jy is eienaar van hierdie lyf.

 

Jy is die stuk wat my legkaart voltooi,

en die pin-up in my laatnag droom.

Jy is my Minnie, Jane, Eva en Juliet,

Die hoofrol in my lewensboek,

Die diva in my lewenslied,

Die beste helfte van my.

Goue Medaljes

23 Aug

Dankie aan jou, die vrywilliger, wat onbaatsugtig jou tyd opoffer om na pasiënte in die hospitale om te sien. Dankie aan jou wat kosbare, onbetaalde tyd gee, om bedpanne skoon te maak en pasiënte te voer. Dankie aan sekuriteitsbeamptes wat deurnag na babas omgesien het. Dankie aan pasiënte wat hulle hospitale skoonmaak. Dankie aan dokters en verpleegsters wat ten spyte van gevaar nog op hulle poste was. Dankie aan jou wat bewys daar is nog iets soos onbaatsugtelike naasteliefde. Dankie aan elkeen wat bewys daar is nog mense met harte van goud daarbuite. Dankie aan die wat bewys dat om te gee steeds beter is as om te ontvang. Dankie aan jou wat my hoop gee vir die mensdom daarbuite….

mense met harte van goud, verdien goue medaljes

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 48 other followers