Archive | 7:26 vm

Vrydagskool…Geskiedenis 201

6 Aug

Op 6 Augustus 1945 om 8:15 is die atoombom, Little Boy, deur die Amerikaanse B-29 vliegtuig, Enola Guy, oor die stad Hiroshima laat val. Omtrent 80,000 mense het oombliklik met die ontploffing gesterf. Vandag, presies 65 jaar later het die mens nog steeds nie geleer nie. Die mens is in staat om ongelooflike pyn en lyding te verskaf aan ander. Ons baklei omdat ons nie saamstem nie, ons baklei omdat ons iets wil hê wat aan ander behoort… ons baklei omdat ons vriende met ander baklei. Daar is telke voorbeelde van die totale verwoesting wat oorlog deur die geskiedenis gesaai het…. ons klein persoonlike oorloggies is niks verskillend nie.

Ons plant nie almal bomme nie, skiet nie almal mense vol gate nie en kom nie noodwendig ander met die vuis by nie, maar dit beteken nie ons maak nie ander seer nie. Daar is ander maniere om klein oorloggies se voer, en dit wat uit jou mond uitkom maak net so seer, en kan net so ‘n groot litteken los, as wat ’n koeëlwond kan.

Durf ons die oorlogvoerende lande soos byvoorbeeld Amerika en Israel veroordeel? Is my persoonlike fetes werklik klein in vergelyking?

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 48 other followers