Archive | 7:14 vm

Goue Medaljes

23 Aug

Dankie aan jou, die vrywilliger, wat onbaatsugtig jou tyd opoffer om na pasiënte in die hospitale om te sien. Dankie aan jou wat kosbare, onbetaalde tyd gee, om bedpanne skoon te maak en pasiënte te voer. Dankie aan sekuriteitsbeamptes wat deurnag na babas omgesien het. Dankie aan pasiënte wat hulle hospitale skoonmaak. Dankie aan dokters en verpleegsters wat ten spyte van gevaar nog op hulle poste was. Dankie aan jou wat bewys daar is nog iets soos onbaatsugtelike naasteliefde. Dankie aan elkeen wat bewys daar is nog mense met harte van goud daarbuite. Dankie aan die wat bewys dat om te gee steeds beter is as om te ontvang. Dankie aan jou wat my hoop gee vir die mensdom daarbuite….

mense met harte van goud, verdien goue medaljes

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 48 other followers