Dankie aan jou, die vrywilliger, wat onbaatsugtig jou tyd opoffer om na pasiënte in die hospitale om te sien. Dankie aan jou wat kosbare, onbetaalde tyd gee, om bedpanne skoon te maak en pasiënte te voer. Dankie aan sekuriteitsbeamptes wat deurnag na babas omgesien het. Dankie aan pasiënte wat hulle hospitale skoonmaak. Dankie aan dokters en verpleegsters wat ten spyte van gevaar nog op hulle poste was. Dankie aan jou wat bewys daar is nog iets soos onbaatsugtelike naasteliefde. Dankie aan elkeen wat bewys daar is nog mense met harte van goud daarbuite. Dankie aan die wat bewys dat om te gee steeds beter is as om te ontvang. Dankie aan jou wat my hoop gee vir die mensdom daarbuite….
mense met harte van goud, verdien goue medaljes

Hulle verdien inderdaad medaljes vir naastediens.
Ek sien Gwen Ramakokwa help ook in die hospitale uit.
Ek dink die mense wat ingespring het, verdien die hoogste lof. En daardie sotte wat staak behoort van moord / manslag aangekla te word.
Net so. Poepholle.
ek stem nie saam dat die mense nou geloof moet word nie. hoekom moet daar eers ‘n staking wees voor mense van hulle tyd opoffer om ander te help?
naastediens moet gebeur veral as dit nie van jou verwag word nie.
Ek dink die meeste van hierdie mense wat uithelp is elk geval die wat gewoonlik dinge vir hul naaste doen, en omdat dit gewoonlik onder die radar is, weet ons nie daarvan nie.
Dis nie enige persoon wat net Sondagoggend gaan besluit om by die hospitaal te gaan inspring nie.
Ek het oor die draadloos gehoor met die onderhoude van die vrywilligers, dat die boodskap duidelik dieselfde is vanaf elke persoon wat gaan uithelp het – Dit is Fullfilling!
Ek hoop ook die medeliefde wat nou so uitgestort word hou aan na alles weer terug keer na normaal. Die nood is groot in die gemeenskap en elkeen kan bietjie doen met ‘n bietjie feel-good hormone!
Hoor, hoor, DMI. Ek stem 100% saam met jou!
Die ou HF lyk beroerd
mens is skoon bang jy tel iets op daar…