Die kleur van my smartiedag
Die suiker om my jellytots
Die krackle in my milkybar
Jy is die soet van my tand.
Jy is die stuk wat my legkaart voltooi,
en die noot wat my laat huppelstap.
Jy is die prozak wat my altyd laat lag,
en die muti vir verlede se seer.
Die vla oor my malvapoeding
Die sprinkles oor my roomys
Die gars in my bottel bier
Jy is die een wat mooi afrond.
Jy is die stuk wat my legkaart voltooi,
en die noot wat my laat huppelstap.
Jy is die prozak wat my altyd laat lag,
en die muti vir verlede se seer.
Die blou in my verlangende oë
Die smaak op my honger lippe
Die warm op my hoendervleis vel
Jy is eienaar van hierdie lyf.
Jy is die stuk wat my legkaart voltooi,
en die pin-up in my laatnag droom.
Jy is my Minnie, Jane, Eva en Juliet,
Die hoofrol in my lewensboek,
Die diva in my lewenslied,
Die beste helfte van my.
Jy maak my die gelukkigste!!!
Birljant!
Ek bedoel BRILJANT
WoW! ‘n Nuwe LOOK! Of is ek net agteros? Anyway, jou woorde is stokkielekker-lek-lekker-mooi!
“Die suiker om my jellytots”… aai, jaai, jaai!
Nee wat! Jou blog naam is nie meer gepas nie, verander dit eerder na iets soos Smoerverlief…
Dis verbasend hoe maklik mens kan skryf van iets wat jou gedagtes en hart van oorloop.
Mooi-mooi woorde!
Dit maak my sommer jaloers op daai Diva/Julie van jou!
Sal dit op my blog moet byvoeg by my versameling goed-wat-vir-my-mooi-is!
Mag ek maar?
Geen probleem nie… spread the news, I am happy!