Archive | September, 2010

Kinders van Afrika… Jossie van die Karoo

29 Sep

Jossie (Josephine Cornelia) Brink is in 1869 in Richmond in die Kaap gebore. Die jongste dogter van ‘n prokureur, en later ook Burgermeester. Sy is Londen toe gestuur vir haar skoolonderrig, en was op 16 weer terug in Suid-Afrika. Jossie wou egter net Kaapstad toe om akrise op die verhoog te word. Sy het haar naam na die meer eksotiese José verander.

Sy het aan huis van die Robinsons (die goewerneurspaar van die Kaap) beland en is daar aan die sosiale kringe van die “London Society” bekendgestel. José was toe net 17, bloedjonk, lank met blonde hare en ‘n lyfie wat die mans laat kwyl het. José het dit blykbaar geniet om dinge te doen en te sê wat die skindertonge aan die gang gehad het… en definitief die wenkbroue laat lig het.

(meer…)

Wat as….

27 Sep

www.kaaskrul.com

Vrydagskool….Erfenis101

24 Sep

Ek hoop julle geniet hierdie afdaggie saam met familie en vriende om die braaivleisvuur. Ek is gelukkig, want ek het ‘n vriend wat verjaar, so ek word sommer uitgenooi na Nasionale Braaidag celebrations. Ek hoop julle geniet die sonskyn, braaivleis en yskoue bier… en cheers op oom Jan van Riebeeck wat die VOC oortuig het om ‘n verversingstasie in die Kaap te vestig!

Ek hoop dat waar ookal Suid-Afrikaners hulleself oor die aardbol heen bevind, is die weer lekker…. en kuier julle vandag om ‘n braaivleisvuur met ‘n dop in die hand. Klink ‘n glasie op ons ryk erfenis. CHEERS!

‘n Paar herinneringe…..

All over the world, a South African’s home is his Castle

Fok die haka… ons kan sing!

Osiyeza! I’ll be coming…..

Superfans

Welcome Bru!

Replay that feeling!

We may not be related

Kinders van Afrika…James & Jack

22 Sep

Ons begin met ‘n nuwe reeks…. interessante mense wat spore in die stof van hierdie land aan die suide van Afrika gelos het….geniet!

Gedurende die laat 1800′s is die spoorlyn tussen Kaapstad en Port Elizabeth ge-open. James Wide was aangestel as ‘n wag deur die Cape Government Railways op Uitenhage. James was bietjie van ‘n celeb in die dorpie, en ook bekend as Jumper, omdat hy so vlugvoetig tussen treine en waens kon spring en swaai. Die noodlot het egter ingetree, en Jumper het een dag gegly en onder ‘n trein beland. Hy het albei sy bene, asook sy werk verloor.

Nie een wat sommer gaan lê nie, het James vir homself kunsbene met houtpale gefrabiseer en so sy werk teruggekry. Hy het ook vir homself ‘n spoorlyn-trollie gemaak waarmee hy die paar honderd meter van sy huisie tot by die sinjaalkantoor kon beweeg. Dit was een Saterdagoggend in die dorpsplein wat James ‘n besonderse voorloper van ‘n ossewa ontmoet het, en ‘n ongelooflike vriendskap gesmee is.

(meer…)

Tweegeveg..Bekgeveg

21 Sep

Jack en Juanita is besig om bietjie nuus te maak. Lekker vry publisiteit. Juanita wil nie die verhoog met Jack deel by hierdie jaar se Skouspel nie, want hy praat te lelik. Nou kyk, ek glo nie Skouspel is in elk geval die beste plek vir Jack om sy talente ten toon te stel nie, maar dit is werklik nie nodig vir hom om die geleendheid mis te loop omdat die Skouspel Prinses gekonstipeer is nie.

(meer…)

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 48 other followers