Rasta vertel my hy is bly dat die lente aangebreek het. Nie net begin die dae warmer raak nie, maar die tyd begin ook weer aanbreek vir die hoëveldse donderstorms. Die Hoëveldse Atmosferiese Simfonie noem hy dit.
Rasta is veral bly oor die reën, want die water was alles weer bietjie skoon. Die reën is vir ons, soos wat ‘n “full valet” vir jou kar is. Dis ‘n goeie tyd om bietjie te dink oor wie, wat en waar jy is. Rasta vertel dat die groot Zol altyd die volgende oor reën kwytraak:
Die mens moet streef daarna om die druppels te wees wat val waar dit saakmaak. Wees die druppels wat val in die veld en die tuin, wat alles om hulle laat groen word en blom.
Wees die druppels wat op die mense val, en hulle wil laat dans in die reën.

Onlangse ondersteuners: