Jack en Juanita is besig om bietjie nuus te maak. Lekker vry publisiteit. Juanita wil nie die verhoog met Jack deel by hierdie jaar se Skouspel nie, want hy praat te lelik. Nou kyk, ek glo nie Skouspel is in elk geval die beste plek vir Jack om sy talente ten toon te stel nie, maar dit is werklik nie nodig vir hom om die geleendheid mis te loop omdat die Skouspel Prinses gekonstipeer is nie.
Snaaks genoeg dat Steve ook een tyd lank gelede die Skouspel Prins was, en siestog, daar het Huisgenoot hom toe nou al lankal uit die paleis geskop. Skouspel is nie die begin en einde nie, en Steve het dit bewys.
Ek is nie die grootste Parow fan nie, en definiteif ook nie die grootste Juanita ondersteuner nie, en dit is veral omrede ek nou al bietjie gatvol is dat die enigste musiek in Afrikaans wat in ons kele afgedruk word ‘n geboom-tjiekie-boom-tjiekie, met herhalende breindood lirieke is. Persoonlike opinie natuurlik.
Feit is, Huisgenoot Skouspel is nie ‘n Kerkbyeenkoms nie en Juanita is nie koningin van Afrikaanse musiek nie. Alle genres behoort ‘n gelyke kans te kry. Net omdat jy van Juanita hou, beteken dit nie ons almal hang aan haar lippe nie. Feit is ook, nie ek, jy, Juanita of Jack mag oordeel nie. Feit is, ons gaan hierdie jaar weer vir Skarumba, en nie Cooler as Ekke hoor nie. Feit is, Skouspel kunstenaars gaan oor ‘n dekade of wat nog steeds al die pad Patayo en Hemel op Tafelberg… met die hulp van kieries en rolstoele natuurlik. Feit is, ek sal eerder ‘n kunstenaar wat vloek, as een wat vrouens slaan of kinders molesteer op die verhoog sien.
Alles persoonlike opinie natuurlik…… Jack Parow, JY IS COOLER AS EKKE, en Juanita.
Tags: du plessis, huisgenoot, jack, juanita, parow, skouspel
LMGA, ditto!
Yip, as ons nie saam kan lag nie, gaan dit net snot en trane wees.
Hulle wat daar bo van hulle onderskeie mishopies af staan en afkyk sien ‘n spul smiley faces. Ons wat van hier onder af boontoe kyk sien net ‘n spul assholes.
Sommige Afrikaanse kunstenaars (en ek is seker kunstenaars in die algemeen) tree op soos ‘n klomp bedorwe brokkies. Ironie is dat hulle waarskynlik so optree omdat ons, hulle aanhangers, hulle verhef tot hierdie demi-god status.
Ewenwel. Storm in ‘n teekoppie. Of jy sing by skouspel, of jy doen nie. Geen rede vir die hele mediasirkus nie
Daar is net een rede natuurlik… nog ‘n paar CD’s wat van die rakke opgeraap word.
Great Minds . . .
Ek het gister gewonder of dit nou die oorlog tussen ‘n opkommende en ‘n verskietende ster in ‘n baie klein, amper vergete, heelal is.
Moet hulle oorloggies nou opmaak vir die musiek waaroor daar nie huistoe geskryf kan word nie?
Ek stem saam met jou. In elk geval is Skouspel ‘n gesins event en ek glo bra Jack sou die woorde moes edit al het niemand voorad kapsie gemaak nie. Hy het ook net een cool song en sou heelwaarskynlik Cooler as ekke gesing het… die lirieke is glad nie SO rof nie.
Ek moet sê hy het die aanvakl goed in sy stride geneem en kuddos vir hom!
Dis die presiese ding… die song sou familie-vriendelik gewees het, want dit is wat Skouspel is.
Ahem …. aanvakl is sooo ‘n typo … moet wees AANVANKLIK!!!
Thanks
Lekker lag ek nou. Jy slaan eintlik die spyker op sy kop DMI. Ek hou ook nie juis van Juanita nie, alhoewel sommige van hara songs okayerig is. Ek ken nie vir Jack nie, al ken ek vir Parow – het op ‘n dag daar gewoon
Ek luister veel eerder Anna Davel, of iets in daardie lyn.
Leef en laat leef. Miskien kan Jack “Jy dink jy’s cooler as ekke” spesiaal aan Juanita opdra as hy nou die kans kry om by Huilgenoot Skouspel te sing. Wat se hulle nou weer van publisiteit – al is dit negatief?
Bwahahaha. Dit sal snaaks wees.
“Jy’s ou nuus, ek kom met rou beats”. Ek luister ook maar na die hele geveg met een oor. Natuurlik vandag hard gelag toe iemand op Jacaranda inbel om te se dat Huisgenoot Skouspel net vir top klas kunstenaars is. Asof Huisgenoot en topklas in een sin kan verskyn!
Het Jack Parrow homself nou leeg al ge”Parrow”? Die eerste keer is dit nuut en cute. Tweede keer nog cute. Derde keer … dieselfde al gehoor, dankie. Gee iets nuuts, en nie die aanhoudende besing van Parrow se eie bates (sy p**l is mos so groot soos ‘n putter), voorkeure, afkere ens. nie.
Ek is verward. Dog nog altyd dis Steve wat vir Huisgenoot boikot en nie andersom nie.
Ek dink hulle boikot mekaar….. dit is soos kleuterskool