Archive | 7:59 vm

Kinders van Afrika…James & Jack

22 Sep

Ons begin met ‘n nuwe reeks…. interessante mense wat spore in die stof van hierdie land aan die suide van Afrika gelos het….geniet!

Gedurende die laat 1800′s is die spoorlyn tussen Kaapstad en Port Elizabeth ge-open. James Wide was aangestel as ‘n wag deur die Cape Government Railways op Uitenhage. James was bietjie van ‘n celeb in die dorpie, en ook bekend as Jumper, omdat hy so vlugvoetig tussen treine en waens kon spring en swaai. Die noodlot het egter ingetree, en Jumper het een dag gegly en onder ‘n trein beland. Hy het albei sy bene, asook sy werk verloor.

Nie een wat sommer gaan lê nie, het James vir homself kunsbene met houtpale gefrabiseer en so sy werk teruggekry. Hy het ook vir homself ‘n spoorlyn-trollie gemaak waarmee hy die paar honderd meter van sy huisie tot by die sinjaalkantoor kon beweeg. Dit was een Saterdagoggend in die dorpsplein wat James ‘n besonderse voorloper van ‘n ossewa ontmoet het, en ‘n ongelooflike vriendskap gesmee is.

(meer…)

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 48 other followers