Ek hoop julle geniet hierdie afdaggie saam met familie en vriende om die braaivleisvuur. Ek is gelukkig, want ek het ‘n vriend wat verjaar, so ek word sommer uitgenooi na Nasionale Braaidag celebrations. Ek hoop julle geniet die sonskyn, braaivleis en yskoue bier… en cheers op oom Jan van Riebeeck wat die VOC oortuig het om ‘n verversingstasie in die Kaap te vestig!
Ek hoop dat waar ookal Suid-Afrikaners hulleself oor die aardbol heen bevind, is die weer lekker…. en kuier julle vandag om ‘n braaivleisvuur met ‘n dop in die hand. Klink ‘n glasie op ons ryk erfenis. CHEERS!
‘n Paar herinneringe…..
All over the world, a South African’s home is his Castle
Tags: castle, erfenis, naiosnale braaidag
Geniet dit
Lekker braai. Ek eet sushi vandag
(net om anderste te wees)
my braai dag het ek by die werk spandeer maar gelukkig het ek my baas oorheet om van ons produkte op promosie te sit so ek het heel dag onder die boom buite die winkel gestaan en braai…met my springbok rugby trui aan… en vanaand het ek n kaas en wyn saam met vriende en die 4 neufies geniet… braai springbokke en die 4 neufies is mos hoeka deel van ons afrikaner erfenis
Hoop jy’t lekker gerkuier!
Ek het ‘n steakie gebraai hier in Abu Dhabi!
Ek hoop dit was bees en nie kameel nie.