Jossie (Josephine Cornelia) Brink is in 1869 in Richmond in die Kaap gebore. Die jongste dogter van ‘n prokureur, en later ook Burgermeester. Sy is Londen toe gestuur vir haar skoolonderrig, en was op 16 weer terug in Suid-Afrika. Jossie wou egter net Kaapstad toe om akrise op die verhoog te word. Sy het haar naam na die meer eksotiese José verander.
Sy het aan huis van die Robinsons (die goewerneurspaar van die Kaap) beland en is daar aan die sosiale kringe van die “London Society” bekendgestel. José was toe net 17, bloedjonk, lank met blonde hare en ‘n lyfie wat die mans laat kwyl het. José het dit blykbaar geniet om dinge te doen en te sê wat die skindertonge aan die gang gehad het… en definitief die wenkbroue laat lig het.
Sy wou aktrise wees, en is toe Londen toe. Intussen was sy toe al die houvrou van ‘n ander adelike, Ernest William Beckett, 2de Baron van Grimthorpe.
In Londen ontmoet sy toe vir John Dale Lace, en trou binnekort daarna. Hy wou egter Suid-Arika toe, en sy wou aanhou toer met haar toneelgeselskap. John is terug Suid-Afrika toe, en sy herenig toe weer met Ernest. José het aangevoer sy is nog lief vir Ernest, en John het ingestem dat hul huwelik ontbind word. Dis hierna wat haar seun Lancelot Ernest Cecil gebore is. (Die keuse van Cecil nogal amusant, wat selfs Cecil John Rhodes het in die Kaap voor haar sjarme geswig en vir José gevra om te trou.)
José is toe terug Suid-Afrika toe, en loop toe weer in John vas. Hulle trou vir ‘n tweede keer en hy neem ook haar seun as sy eie aan. Hulle eindig toe in die nuwe dorpie Johannesburg op waar John ‘n baie suksesvolle makelaar met aandele, goud, diamante en eiendom was.
José wou natuurlik ‘n huis hê geskik vir haar status, en ‘n stuk grond is om Parktownrif gekoop. Sir Herbert Baker is ingeroep om die huis te ontwerp en bou. Northwards sou nie net Baker se eerste, maar ook grootste huis wees wat hy in Suid-Afrika ontwerp en gebou het.
Terwyl die gebouery aan die gang was is José Frankryk toe. Gedurende haar verblyf daar is die 3 meter hoë skildery van haar geverf (wat vandag nog in die balsaal van Northwards hang) deur Hal Burst. Dit is ook gedurende die tyd dat sy Koning Edward VII ontmoet het en sy minnares was vir ‘n rukkie. (Daar word beweer dat sy vir Edward dalk vroeër al in Engeland ontmoet het, en dat die moontlikheid bestaan dat Lancelot eintlik sy buite-egtelike kind was).
Terug in Suid-Afrika, en in haar herehuis, Northwards het José die sosiale lewe van ‘n vlinder met albie hande aangegryp. Sy was mooi, en eksentriek, en was mal daaroor om in die kollig te wees. José het net tussen swart satyn lakens geslaap omdat dit haar ligte vel beklemtoon het, en het bitter min voor 12 uur in die middag uit die bed geklim. As besoekers voor 12 opgedaag het, het José hulle sommer net daar in haar kamer onthaal – terwyl sy in die bed gewag het vir 12 uur om aan te breek.
José het 2 keer per week, na aanleiding ‘n storie wat so oor Cleopatra gelees het, in vars melk in haar marmerbad gebad. Sy het ‘n skerp tong gehad en was nie skaam om haar sê te sê nie. As José winkels toe gegaan het was haar verlaat van die huis aangekondig deur een van die huisknegte wat op ‘n trompet geblaas het, voor sy dan in haar koets sou klim en die strate invaar. Haar koets was deur 4 zebras getrek.
Die Anglo-Boereoorlog het egter tot grootskaalse armoede en depressie gely, en dit tesame met José se uitspattige lewensstyl, het veroorsaak dat hulle fortuin gekwyn het, en hulle Northwards verloor het. Hulle was in Londen gedurende WWI. José het ambulanse bestuur en mense verpleeg. José was ook een van die 150 oorlewendes van die 1,000 passasiers op die Galway Castle, die skip wat uit Plymouth vertrek het na Suid-Afrika op 10 September 1918, en deur ‘n Duitse duikboot getrefwas. Hulle het daarna teruggekeur na Suid-Afrika met ‘n reeks vroue uitrustings waarmee José ‘n boetiek oopgemaak het. John en José het toe ‘n klein huisie in die suide van Johannesburg gekoop, en José is op 14 Mei 1937 dood van chroniese nierontsteking.
John is 3 weke later dood met die woorde: “Living with José was hell, but it is a worse hell without her.”
Tags: Dale Lace, John, José, Northwards

Wow, dis geweldig interessant! Ons het naby Dale Lace straat gebly vir ‘n tyd lank.
Yip, daardie koppie daar, Boskop, was op hulle plaas. Die oorspronklike plaashuis staan nog daar iewers.
Klink vir my na ‘n regte prima donna (en nie in die Italiaanse sin nie).
Maar tog interessant, kleurvol sou ek sê
Ek is net bly ek hoef haar nie te maintain nie!
Joooooeeeewwweeee!
Ek weet darem nie of ek in melk sal bad nie. Hmmm-mmmm!
Dit klink ook nie vir my baie lekker nie.
dalk as hulle pienk nesquick daar ingooi
Bwahahahaha
Melk bad?? Gross!!!
Lyk my dat sy die manne ‘n lewe laat ly het. Daar is mos iewers ‘n gesegde van “Good girls go to heaven. Bad girls go everywhere.”
Ek wonder nogal of die sebra storie waar is. En as dit waar is, hoekom het nie meer mense dit gedoen nie. Ek het al gelees dat sebra’s se rue te swak is om as werksdiere ingespan te word.
In Dirty Dancing sê Johnny mos op ‘n stadium: “I am bounching on shit and like that (vingers klap) I can be down there again.” Ek dink dit was nogal op Jose van toepassing.
Ek het iewers foto’s gesien van die zebras voor die koets… een ding wat ek nie kon verifieer nie, maar wat moontlik waar kon wees (as mens so na haar manewales kyk) is dat sy ook ‘n tier as troetldier op ‘n leiband gehad het
Eksentriek se moses!
Eeuuwww…
Interessante vroutjie, maar genuine kind van Afrika? Eerder genuine Britse socialite.
Can’t live with her, can’t live without her. Is dit nie maar hoe die meeste vroumense werk nie
Dan kla ons mans oor ‘n klein shopping trip – gmf.
anna is so ordentlik om te se sys was n prima donna… ek aan die anderkant het nie so n goeie opvoeding nie… sys net plain weg N PYN IN DIE GAT GEWEES…dink ek.. TERT!!!
Hehehe, dis nie baie mooi nie… bwahahaha. Wat my net bekommer is dit wil voorkom of sy die fondament gelê het vir vrouens wat vandag nog so is…
Gmf, Jossie is dalk die wortel van die kwaad.