Archive | Oktober, 2010

Vrydagskool…Verjaardagpret

29 Oct

Baie Geluk Babelicious Met Jou Verjaarsdag!

Ek kannie in gewone mense woorde beskryf hoe gelukkig jy my maak nie. Ek sukkel om gewone woorde neer te pen oor hoe absoluut geseënd ek is dat jy die Ma van ons kind gaan wees. Ek is baie lief vir jou… die suiker om my jellytots.

Sugar Sugar – The Archies

Pour Some Sugar on Me – Def Leppard

“Only Irish coffee provides in a single glass all four essential food groups: alcohol, caffeine, sugar and fat”

- Alex Levin -

Ek hoop jy geniet ons wegbrekie!

Kinders van Afrika…Modjaji

27 Oct

Die begin soos volg, wel min of meer, na aanleiding van oorvertelling:

Dzugundini was die dogter van die Hoofman van die Monomotapa, deel van die Karanga Empire wat naby Maulwi, in die suide van Zimbabwe gevestig was in die vroeë 1600′s. Die storie loop dat haar broer haar verwagtend gemaak het. Groot skandaal want sy was nie getroud nie, en sy was natuurlik te blameer.

Om die volle helle toorn van haar Pa vry te spring, het Dzugundini toe haar volgelinge bymekaargemaak en besluit om te trek. Haar ma het egter verder die geheime klippies en krale om reën mee te maak gesteel by die kraal se toordokter, en dit aan haar dogter toevertrou.

Die groep het hulle mettertyd tussen die Sotho in die Molototsi vallei bevind, waar hulle die Balobedu Koningkryk gevestig het. Haar seun, Makaphimo was die eerste heerser. Tot omtrent die 1800′s was die manlike nasate heersers, totdat daar onmin tussen die inwoners begin kom het. Mugodu, die huidige heerser het toe sy dogter verwagtend gemaak, met die idee om die matriargiese opvolgings van heersers te herstel, en sodoende weer vrede te bring in die land.

Die eerste Modjadji (“heerser van die dag”) is toe gebore. Gebruik van hier af is dat die Koningin se oudste dogter die opvolger sal wees. Die Koningin volgens gebruik moes op ouderdom 50 selfmoord pleeg deur gif te drink, aangesien daar geglo is dat teen hierdie ouderdom haar reënmaak-kragte besig is om te kwyn.

(meer…)

Dankie….

25 Oct

Die regter-voorkant van my kar is moer toe… en ek is properly demoerin.

Ek wil net hiermee baie dankie sê aan die poephol wat die ongeluk veroorsaak het, waarin ek en ‘n ander persoon toe betrokke was… dat hy gestop het om seker te maak dat sy handewerk nie enige beserings opgelewer het nie… NOT. Jou poephol, jy het weggery… so vinnig dat jy dit aan die verkeerde kant van die pad moes doen om verby die verkeer weg te kom!

So ingeval jy gewonder het…. ons is amal ok.

Jy kan so bly wees dat dit so vinnig gebeur het, en jy toe oor ‘n bultjie verdwyn het… want as ek jou details gehad het… sou jy nooit weer rustig geslaap het nie. Maar die wiel draai poephol… justice is justice… en eendag gaan jy terugsit en wonder oor al die kak wat met jou gebeur, en dan sal jy onthou dis oor daai dag wat jy soos ‘n lafaard weggejaag het.

Vrydagskool…Leierpret101

22 Oct

OK, ek weet jy mag dalk dink jy gaan stoopid lyk. Ek weet jy mag dalk uitstaan tussen ander mense om jou vandag, hulle mag dalk staar en vinger wys; maar hier is my uitdaging:

Loop, sit, staan en ry… sit jou breedste glimlag op en veroorsaak ‘n kettingreaksie. Nie net gaan jy beter voel nie, maar ander gaan begin beter voel, en as ons so aanhou gaan ons dalk binnekort ‘n gelukkiger, en vriendeliker nasie hê.

Gelukkige mense is ook positiewer… die moontlikhede is eindeloos…

Het jy al ‘n vreemdeling laat glimlag vandag?

Gevoel

20 Oct

Iewers tussen denke en hartsake is ‘n skaal wat voel of hy permanent uit balans is. Die hart probeer ‘n liefdeskombers oor my breinkaskenades werp, en die brein koes vir al wat hy werd is. Brein bou ‘n vesting van praktiese-stene en hart probeer die grond daaronder wegspoel met vreugdestrome, sodat die oordinkery inmekaar kan tuimel.

Dan is daar julle my lief.

Die drie gram wat die skaal balanseer.

Die drie sent wat die boeke laat klop.

Die drie druppels wat die glas halfvol maak.

Brein kan maar die mat onder my uitruk,

Want hart laat val my sag op ‘n vreugdesmatras.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 44 other followers