Ek is nie ‘n miljoenêr nie, maar ek het baie meer as baie mense daarbuite. ‘n Vriendin het die volgende projek onder my aandag gebring… en as mens dink hoe klein die geskenkie is, in vergelyking met wat jy het – is dit die moeite werd om te ondersteun.
Dis nie net die ideale geleendheid vir jou om te gee nie, maar ook om aan jou kinders of kleinnefies en -niggies te leer wat dit vir ander kan beteken, as jy wat meer het vir hulle gee.
Gaan loer by www.santashoebox.co.za en maak ‘n kinderhartjie bly… ek wens iemand wil dieselle idee kry vir die vergetenes in die ouetehuise.

Onlangse ondersteuners: