Julle sal julle wat verbeel dat ek 2 posts op een dag plaas!
Maar ‘n uitdaging is ‘n uitdaging….. Ek dink dit is makliker as wat mens dink, ek het sommer vinnig aan hierdie twee gedink, en dink daar is nog heelwat opsies soos Hamburgers en Skyfies ensovoorts. Jy kan ook baie vêr kom met pasta en sous….
Nommer 1:
Koop 1kg aartappels (R10). Skil en sny in dun ronde skywe. Maak lae van aartappelringe en aromat (R8). Moenie skaam wees met die aromat nie, want dit dien ook as die sout. As die aartappel en aromat lae klaar is, gooi een 250ml bakkie vars room (R12) daaroor. Bak in voorverhitte oond teen 180 grade vir so 45 minute. (Hierdie is ook perfek vir braaibykos)
Met die R20 kan jy dan varkworsies koop en braai (of selfs ‘n stuk boerewors), of ek dink jy kan selfs nog vark of hoender schnitzels vir onder R20 kry.
Nommer 2:
Braai pakkie maalvleis (R20) in pan met sout en peper. As jy dalk bietjie chutney en/of tamatiesous in die huis het, gooi sommer so lekker klompie daarby. As die maalvleis gaar is, gooi ‘n blikkie AllGold Garlic, Basil en Oreganum Chopped Tamaties (R12) by en laat deurkook.
Hierdie mengsel kan net so op Spaghetti (R12) geeët word, of meng dit met gaar Macaroni (R12) en bak dit ‘n bietjie in die oond. Ek dink met die R7 wat oorbly sal jy nog ‘n stukkie kaas kan kry om bo-oor te rasper voor jy dit in die oond druk.
Nou is ek honger…..
So nou daag ek vir Vlam, Die Wosonki’s en Johanna uit om ons te verras met ‘n R50 ete vir 4 resep.
Onlangse ondersteuners: