Ons het vandag ‘n gasspreker in die klas….
Rasta sê jy moet suinig wees met jou woorde waar dit gaan seermaak;
Rasta sê jy moet vrygewig wees met jou woorde, dit laat stort soos ‘n somerreëns wolkbreuk, waar dit vreugde gaan bring.
Woorde spruit maklik soos die eerste lentegroen met die doel om iemand seer te maak, te verkleineer of sleg te sê. Maak ‘n doelbewuste poging om daardie woorde te sluk, en begin konsentreer op die mooi en positiewe wat jou lewe verryk.
Daardie positiewe denke gaan die katalisator wees vir ‘n vreugdevolle hart en lewensuitkyk. En wat die hart van vol is, loop die mond van oor.
My hart borrel oor van liefde, ek hoop jy kan dit op my lippe proe my lief.

Onlangse ondersteuners: