Partykeer werk plannetjies nie heeltemal uit soos wat mens beplan nie. Partykeer oordink en oorbeplan mens situasies…. maar dan kan die onverwagte gebeur, wat totaal en al ‘n teenstelling is van hoe jy dinge in jou kop uitgewerk het.
Vreugde verg nie bepeinsing nie. Dit verg ‘n GENIET DIT!
EK GAAN PA WORD! (Tegnies gesproke het ek gehoor die term is : Ons is swanger)
Dit voel of ek ‘n bungee tou om my enkels het. Die adrenalien vloei en die opgewondenheid begin opborrel… maar ek is ook vreesbevange. Dis onbekende waters wat ek met my opblaasbootjie invaar.
Ek weet egter ek SAL ‘n great Pa wees. Ek weet ook ek is MOER lief vir Jen. Ek weet ek sou nie ‘n ander Ma vir my kind gekies het nie. Lief jou babelicious, en ek kan nie wag vir ons avontuur wat voorlê nie.

Onlangse ondersteuners: