Iewers tussen denke en hartsake is ‘n skaal wat voel of hy permanent uit balans is. Die hart probeer ‘n liefdeskombers oor my breinkaskenades werp, en die brein koes vir al wat hy werd is. Brein bou ‘n vesting van praktiese-stene en hart probeer die grond daaronder wegspoel met vreugdestrome, sodat die oordinkery inmekaar kan tuimel.
Dan is daar julle my lief.
Die drie gram wat die skaal balanseer.
Die drie sent wat die boeke laat klop.
Die drie druppels wat die glas halfvol maak.
Brein kan maar die mat onder my uitruk,
Want hart laat val my sag op ‘n vreugdesmatras.
Onlangse ondersteuners: