Iewers tussen denke en hartsake is ‘n skaal wat voel of hy permanent uit balans is. Die hart probeer ‘n liefdeskombers oor my breinkaskenades werp, en die brein koes vir al wat hy werd is. Brein bou ‘n vesting van praktiese-stene en hart probeer die grond daaronder wegspoel met vreugdestrome, sodat die oordinkery inmekaar kan tuimel.
Dan is daar julle my lief.
Die drie gram wat die skaal balanseer.
Die drie sent wat die boeke laat klop.
Die drie druppels wat die glas halfvol maak.
Brein kan maar die mat onder my uitruk,
Want hart laat val my sag op ‘n vreugdesmatras.
Dit is regtig UBER cool as die hart oorwin!
Lees dit asb in die goeie wens waarin dit bedoel word. Want jou tema van drie het die volgende versie ontketting.
‘Een alleen kan oorweldig word, twee kan weerstand bied. ‘n Driedubbele tou breek nie maklik nie’ Pred 4:12
Die liefde word nou drievoudig aan jou toe vertrou!
Yip… en dis exciting!
Alles gaan goed uitwerk, glo my, niks sal ooit weer dieselfde wees nie. Mooi bly!
Dis mooi Girlie
DMI – solank die hart vir jou dink, kan daar nie regtig veel verkeerd loop nie
Net jammer Brein wil nie altyd saamspeel nie.. tsk tsk
..die is mooi….en harte jaaaaaa!!!!!….
Ek probeer Brein oorreed om ‘n samewerkingsooreenkoms te teken
As met hart emosies bedoel word, en brein beteken rede, dan sou ek sê dis sekerlik ‘n kwessie van toepaslikheid en balans. As een van die twee oorheersend ons handelinge bepaal is mens net ‘n halwe mens.
Dis waar daardie….brein en hart het ‘n 50/50 samewerkingsooreenkoms geteken.