OK, ek weet jy mag dalk dink jy gaan stoopid lyk. Ek weet jy mag dalk uitstaan tussen ander mense om jou vandag, hulle mag dalk staar en vinger wys; maar hier is my uitdaging:
Loop, sit, staan en ry… sit jou breedste glimlag op en veroorsaak ‘n kettingreaksie. Nie net gaan jy beter voel nie, maar ander gaan begin beter voel, en as ons so aanhou gaan ons dalk binnekort ‘n gelukkiger, en vriendeliker nasie hê.
Gelukkige mense is ook positiewer… die moontlikhede is eindeloos…
Het jy al ‘n vreemdeling laat glimlag vandag?

Jislaaik… Dit gaan nogal baie verg vandag.
But none the less… Kom ons kyk hoe gaan dit op pad terug huis toe vanmiddag.
Werk jy alleen? Hoekom wag tot vanmiddag…. of is daar ‘n lang afkoelproses?
Erm… Spreading the love of kantoor
Ek het probeer… Jammer… Dis ‘n onbegonne taak….
Bêre dan maar die smiles vir huistoegaan
My tande sal vol sand raak.
Dis waarvoor bier en tandeborsels daar is… tsk tsk
Tel kantoorpoetse?
Mmmm, ek dink dit hang af of die brandweer of ‘n ambulans na die tyd moes ingeroep word.
lol! ons is darem nie so roekeloos nie, hehe…
Ek het die teller in Pick ‘n Pay laat smile omdat haar payslip langs my goed gelê het(sy het dit seker net ontvang toe ek daar aankom) en ek haar gevra het of sy vir my haar salaris skenk
“Smile and the whole world smiles with you,
Cry, and you cry alone”. Ou gesegde, maar steeds waar. Een van my lekkerkry dinge wanneer ek die stad besoek, is om in die groot winkelsentrums vreemde mense in die oe te kyk en dan vir hulle te glimlag. Hulle reaksies is nogal soms skreeusnaaks. Probeer dit en sien wat gebeur. Sommiges gryp sommer vir kleinding aan die hand en slaan ‘n ander koers in en eenkeer het die vrou in haar spore gestop en gevra of sy my ken. Nee mevrou, dit word sommer vriendelikheid genoem!
….jaaaaaa…..
)