Die regter-voorkant van my kar is moer toe… en ek is properly demoerin.
Ek wil net hiermee baie dankie sê aan die poephol wat die ongeluk veroorsaak het, waarin ek en ‘n ander persoon toe betrokke was… dat hy gestop het om seker te maak dat sy handewerk nie enige beserings opgelewer het nie… NOT. Jou poephol, jy het weggery… so vinnig dat jy dit aan die verkeerde kant van die pad moes doen om verby die verkeer weg te kom!
So ingeval jy gewonder het…. ons is amal ok.
Jy kan so bly wees dat dit so vinnig gebeur het, en jy toe oor ‘n bultjie verdwyn het… want as ek jou details gehad het… sou jy nooit weer rustig geslaap het nie. Maar die wiel draai poephol… justice is justice… en eendag gaan jy terugsit en wonder oor al die kak wat met jou gebeur, en dan sal jy onthou dis oor daai dag wat jy soos ‘n lafaard weggejaag het.
Onlangse ondersteuners: