Archive | November, 2010

Lag bietjie….

30 Nov

Ek weet dit is nie mooi om vir ander mense te lag nie… maar ek het lanklaas so lekker gelag soos met gisteraand se The Amazing Race…. en ek kannie wag vir volgende week nie, want blykbaar gaan hulle as taak ‘n dans moet leer…. en dit is hoekom ek nie kan wag nie….

Kruisigers

29 Nov

Daar is al voorheen geblog op plekke oor individue wat ons paaie kruis. Dis miskien net vir ‘n moment, dalk ‘n dag, of week of maand….. So hierdie kruisigers is nie die wat jou teen ‘n kruis hang nie, maar wel reisigers wat ons lewenspaaie kruis. Gedurende die SWC2010 het ek die geleendheid gehad om deur couchsurfing 3 ouens uit Amerika aan huis te hê… Gavin, John en Austen. Uit die tientalle versoeke vir verblyf, het ek hulle gekies… en ek weet nou hoekom.

Die drietal het aan my bewys dat ek met ‘n lelike veralgemening oor Amerikaners in my brein rondgeloop het. Die drie is van die vriendelikste, en mees bedagsame en nederigste mense wat ek al ooit ontmoet het. Almal kan nie oor dieselfde kam geskeer word nie.

Tweedens het ek geleer van naasteliefde. Na die wêreldbeker is John Tanzanië toe, waar hy aan ‘n sendeling uitreikaksie deelgeneem het om ‘n skool te opgradeer en ‘n nuwe stoorkamer te bou.

Ek verneem nou van Gavin dat hy homself nou in Pakistan bevind. Na die vloede daar is verskeie dorpies en gemeenskappe in die verknorsing. Deur middel van ‘n organisasie het hy en 2 ander vriende uitgevind dat dit ongeveer $500 sal kos om ‘n huis te herbou. Hulle het ‘n dorpie gekies waar 36 families se huise herbou moet word, en die geld self ingesamel. En nie net het hulle die geld ingesamel nie, maar is ook oppad na die dorpie toe om self ‘n hand by te sit.

Daar is nog goeie mense daarbuite… en elke kruisiger wat oor ons pad kom, is dalk net om ons ‘n vinnige lessie te leer, of om deur kontak daarna aan te hou lesse leer. Onthou dat jy ook ‘n kruisiger vir ander mense elke dag is… is daar iets in jou houding, of die manier hoe jy optree wat hulle iets leer? Of los jy ‘n swak smaak in hulle monde?

Vrydagskool….Respek101

26 Nov

Dit is die tweede dag van die 16 dae van aktivisme teen die mishandeling van vrouens en kinders. Dit is baie hartseer dat daar wel so ‘n projek moet wees, want dit behoort 365 dae ‘n jaar te wees – en elke mens: man, vrou, seun en dogter in te sluit.

In my oë gaan dit oor RESPEK. En respek kweek verdraagsaamheid. Nie net vir ander nie, maar ook vir jouself. Hoe kan jy jouself respekteer as jy wetend ’n ander persoon tenakom? Nie net fisies met jou vuiste nie – maar ook verbaal met jou woorde.

Het jy geweet?

24 Nov

Ek is Demoerin…. en ek is ‘n feitvraat. Baie dae, soos eergister begin ek lees oor een ding… byvoorbeeld die ou rack-treinspoor by Watervalboven, en dan mag ek dalk opeindig by die wêreld se vinnigste kommersiële treindiens (Shanghai stad na lughawe, 431km/h, 30km in net oor 7 minute)… en dan uiteindelik by wat ek met julle wil deel.

OK, nog nie… voor ons daarby uitkom – Ek het ook die interessante stukkie inligting gelees – Vir elke 1% toename in die gradiënt van die treinspoor, moet die trein sy vraggewig halveer. Cool nê!

Terug by my eintlike doel… Wêreld se besigste passasier lugroetes het my nogal verbaas…

  • Volgens sitplek kapasitiet is OR Tambo – Cape Town International 13de op die lys, en OR Tambo – King Shaka 22ste
  • Vir die aantal vlugte is OR Tambo – Cape Town Internationl 5de op die lys, en OR Tambo – King Shaka 13de
  • Vir die aantal passasies is OR Tambo – Cape Town International 6de op die lys…

Cool nê!

Wat betaal beter?

22 Nov

Ek lees ‘n berrig in Beeld oor die nuut voogestelde immigrasie wette. Die Nasionale Tesourie bemark Suid-Afrika aan buitelandse maatskappye as die “Hoofkantoorbestemming” vir Afrika. Dit maak sin, want behalwe miskien vir openbare vervoer, is ons infra-struktuur gewys nie vêr agter enige eerste wêreldse land nie…. en elk geval baie vêr voor die meeste ander Afrika lande.

Maar dan kom Binnelandse Sake, en maak dit uiters moeilik vir hierdie maatskappye om in Suid-Afrika te investeer. Ja, investeer – hulle wil geld die land inbring. Hulle wil dit net al hoe moeiliker maak vir hierdie mense om werkspermitte wettiglik te bekom… en soos wat die Tesourie maanskyn en rose verf, is Binnelandse Sake besig om daardie skildery met swart verf toe te maak.

(meer…)

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 44 other followers