Ek sit nou en dink aan ‘n bumpersticker wat ek jare terug gesien het vir die Nasionale Bloeddiens om mense te kry om bloed te skenk. Dit was iets in die rigting van – Bloed is soos ‘n valskerm – Jy het dit nie werklik nodig tot jy dit werklik nodig het nie.
Ek glo versekering is so…. dis nou veral motorversekering op ons paaie, en mediese versekering om nie in ‘n staatshopsitaal te beland nie. Ons kerm en kla oor die maandelikse premies, en die feit dat ons dit dikwels nie gebruik nie… MAAR
Dan gebeur daar iets soos laas week wat die ou wat die ongeluk veroorsaak het weggejaag het… so wie sou ek gesue het vir die R42,000 wat dit gaan kos om my kar reg te maak?
Daar is ‘n mooi uitdrukking – necessary evil – dit is wat versekering is, en ja, jy gaan dit moontlik nie nodig kry tot die dag wat jy dit werklik gaan nodig kry nie. Dit mag dalk ‘n “pie-in-the-sky” uitgawe wees… maar net tot die dag wat die paw-paw die fan strike. Partykeer moet mens net ‘n bietjie verder dink.
Onlangse ondersteuners: