Dink terug… neem diep asem, want vir party mag dit bietjie verder terug wees, met bietjie meer inspanning. Stof af daardie argiefbokse en klim saam op die nostalgietrein….
Ek onthou ons het touchers gespeel (kissing-touchers as jufrou nie gekyk het nie). Ons het kaartjies uitgeruil om ons plakboeke vol te maak… onthou julle die Superheroes en A-Team (Ek probeer onthou watter die skaarstes was?) Dan het ons ook balle rondgeskop, en mekaar lekker blou kolle besorg met ‘n tennisbal in die speletjie King. Ek onthou Running-Red-Rovers en albasters wat jy soos goud opgepas het (ek probeer die name onthou – Chinas, clearies, tigers, catseye, bloodies(?) ens.)
Ons het tolle gespin in die krieketnette en die meisies het verskillende tou of rekspring speletjies gehad.
Pouse was altyd ‘n fees….veral lang pouse.
Wat kan julle nog onthou?

Onlangse ondersteuners: