Die skaal van geregtigheid toon ‘n bietjie meer gereeld uit balans te wees. Geregtigheid sal seëvier; moenie die reg in eie hande neem nie; mooi gedagtes wat deesdae meer gereeld uitoorlê word met ‘n sak vol geld en ‘n goeie prokureur en advokaat – en halwe en/of tegnies onvoldoende ondersoeke deur die polisie. In ‘n perfekte wêreld seëvier gereg dalk, maar Suid-Afrika is nie ‘n perfekte wêreld nie.
Dit is dalk hoekom mense gefrustreerd raak en wel die reg in eie hande neem? Wraak is immers soeter as om die krimineel op straat te sien, en geduldig te moet wag vir die wiel om te draai. Die skaal kort ‘n bietjie van ‘n kallibrering. Iets is fout, en die slagoffers raak moeg.
Waar is die geregtigheid in hierdie verhaal?
’n Jong meisie word deur ‘n groep seuns in skoolure verkrag. Hulle maak selfs selfoonvideos van die daad. Seker een of ander siek vorm van ‘n trofee. Sy is so getraumatiseerd, dat sy nie haar eksamens op die oomblik kan voltooi nie….
Die groep seuns…. hulle gaan doodluiters voort met eksamen skryf asof niks ooit gebeur het nie, want Jeppes Polisiestasie sê hulle het nog geen arrestasies gemaak nie juis omrede die feit dat die seuns besig is met eksamen.
Nou waar presies is die reg en geregtigheid in hierdie gebeure? ‘n Meisie se lewe word verwoes – en die kriminele gaan voort met hulle lewens. Iewers is iets groot fout as die polisie so ‘n verwronge idee van die reg kan openbaar.

Onlangse ondersteuners: