Archive | 8:24 vm

O Kriek!

10 Nov

Ontmoet vir Platycleis affinis…ook bekend as ‘n doodgewone Boskriek.

Hy is egter alles behalwe doodgewoon. Daar is met ‘n studie bevind dat Platy eintlik heel buitengewoon is. Die klein rakker het die titel verower vir die lewende wese met die grootste testes in verhouding tot sy liggaamsgewig. Wag vir dit…. ‘n volle 13.8%! And you thought YOU had balls?

Om dit bietjie in verhouding te plaas… stel ‘n 90kg man voor – met ‘n stel 12kg balle (letterlik) so groot (er) soos verjaarsdag-balonne (die groottes). Wys jou maar net weer die wondere van die skepping – die feit dat alle lewende wesens nie dieselfde verhouding-samestelling het nie.

Ek kan aan verskeie, uuuhhhmmm, ongemaklike breinknope dink. Logistiek. Vervoer. Sekuriteit.

Ek meen, picture ‘n paar “Pamela-Andersons”….. nee, liewer nie.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers