
In Flanders Fields
In Flanders fields the poppies blow
Between the crosses, row on row,
That mark our place; and in the sky
The larks, still bravely singing, fly
Scarce heard amid the guns below.
We are the dead. Short days ago
We lived, felt dawn, saw sunset glow,
Loved, and were loved, and now we lie
In Flanders fields.
Take up our quarrel with the foe:
To you from failing hands we throw
The torch; be yours to hold it high.
If ye break faith with us who die
We shall not sleep, though poppies grow
In Flanders fields.
— Lt.-Col. John McCrae (1872 – 1918)
Op die 11 de uur van die 11 de dag van die 11 de maand is die ooreenkoms onderteken wat die einde van die Eerste Wêreldoorlog beteken het. Ten spyte van die verskriklike lewensverlies, en die duisende poppies wat in die omgedolwe velde opgekom het om as herinnering te dien….. het baie min in amper ‘n eeu verander…….
********
Bloed verkleur die modder tussen bene en arms en ander stukke wat voorheen lewe was en nou as ’n boete dien vir ander se besluite, terwyl die gewere en bomme ’n kakofonie dirigeer oor die eindelose groen velde en nog ’n naam in die lys van tere herinneringe gebeitel word. Stukkies word geskraap en onder eindelose rye spierwit kruise in die omge-oorlogde aarde begrawe. Daar waar die nuwe lente duisende poppies tot aandag gaan roep in kleur so rooi soos veldslagbloed. Die mooi ter gedagtenis aan geskiedenis wat mense was, en soveel meer as name gebeitel in marmer sou kon wees.
********
Ek weet dis ‘n cheat (ek het hierdie laas jaar gepost) maar dis ‘n saak wat my na aan die hart lê. Die tyd en datum – 11de uur van die 11de dag van die 11de maand, was juis so maklik om te onthou. Lest we not forget. Maar die mens vergeet vinnig, al lê ons die claim vir die hoogste lewensvorm op aarde. Na WWI was daar nog WWII, Vietnam, Korea en die Midde Ooste (om net ‘n paar te noem). Maar bo dit alles, voer ons as mens elke dag oorloë met die vuis, en tong, en hart, en denke.
‘n Veldslag hoef nie wonde te los wat bloed uitdrup, om letsels te los nie. Dink voor jy doen. Dink voor jy praat. Dink voor jy dink. Lest we not forget.
Onlangse ondersteuners: