Ek lees ‘n berrig in Beeld oor die nuut voogestelde immigrasie wette. Die Nasionale Tesourie bemark Suid-Afrika aan buitelandse maatskappye as die “Hoofkantoorbestemming” vir Afrika. Dit maak sin, want behalwe miskien vir openbare vervoer, is ons infra-struktuur gewys nie vêr agter enige eerste wêreldse land nie…. en elk geval baie vêr voor die meeste ander Afrika lande.
Maar dan kom Binnelandse Sake, en maak dit uiters moeilik vir hierdie maatskappye om in Suid-Afrika te investeer. Ja, investeer – hulle wil geld die land inbring. Hulle wil dit net al hoe moeiliker maak vir hierdie mense om werkspermitte wettiglik te bekom… en soos wat die Tesourie maanskyn en rose verf, is Binnelandse Sake besig om daardie skildery met swart verf toe te maak.
Onlangse ondersteuners: