Het jy geweet?

24 Nov

Ek is Demoerin…. en ek is ‘n feitvraat. Baie dae, soos eergister begin ek lees oor een ding… byvoorbeeld die ou rack-treinspoor by Watervalboven, en dan mag ek dalk opeindig by die wêreld se vinnigste kommersiële treindiens (Shanghai stad na lughawe, 431km/h, 30km in net oor 7 minute)… en dan uiteindelik by wat ek met julle wil deel.

OK, nog nie… voor ons daarby uitkom – Ek het ook die interessante stukkie inligting gelees – Vir elke 1% toename in die gradiënt van die treinspoor, moet die trein sy vraggewig halveer. Cool nê!

Terug by my eintlike doel… Wêreld se besigste passasier lugroetes het my nogal verbaas…

  • Volgens sitplek kapasitiet is OR Tambo – Cape Town International 13de op die lys, en OR Tambo – King Shaka 22ste
  • Vir die aantal vlugte is OR Tambo – Cape Town Internationl 5de op die lys, en OR Tambo – King Shaka 13de
  • Vir die aantal passasies is OR Tambo – Cape Town International 6de op die lys…

Cool nê!

16 Responses to “Het jy geweet?”

  1. Xena Phoenix November 24, 2010 at 8:45 vm #

    Dit bewys dan seker dat ons Suid-Afrikaners ‘n gatskuurnasie is.
    ;) As Gogga in Suid-Afrika was, was een van die roetes seker heelbo. :lol:

  2. PlaasJuppie November 24, 2010 at 8:52 vm #

    Ek kan trots aankondig dat ek my deeltjie doen om die ORT – King Shaka en ORT – Kaapstad roetes se getalle op te hou.

    Nou wonder ek of die 1% Gradient reël nog so geld as jy ekstra lokomotiewe bysit?

    • demoerin November 24, 2010 at 10:43 vm #

      Ek wonder ook, want die probleem gaan oor die grip van die wiele op die spoor… sal meer krag die grip verbeter?

  3. BB November 24, 2010 at 9:59 vm #

    Nie geweet nie! Baie cool, ja!

  4. Son November 24, 2010 at 11:55 vm #

    DMI – in alle erns – dis vreeslik tragies dat ons breine eendag net stof gaan wees ;-)

    Ek wonder partykeer hoe lyk myne binne van al die goed wat ek so lees!

    • demoerin November 24, 2010 at 3:49 nm #

      Ek stem… ek dink hulle moet myne in ‘n cannedfruit bottel indruk… ek spandeer baie tyd daaraan om hom te vul met informasie.

  5. johanna79 November 24, 2010 at 9:06 nm #

    EK HET NOG NOOIT GEVLIEG NIE

    • demoerin November 25, 2010 at 8:05 vm #

      Grote Griet! Nee jong, jy moet plan maak.

    • Charms November 25, 2010 at 4:23 nm #

      Ek ook nie. Ek hou van my voetetjies op die aarde of so paar voet bokant dit in my kar.

    • Jenny November 29, 2010 at 1:00 nm #

      Ek ook nie!

  6. toortsie November 25, 2010 at 7:47 vm #

    Johanna! Dan moet jy ‘n plan maak!!! Aangesien ek op die goedkoopste sitplek denkbaar sit, is vlieg vir my NET DIE MIDDEL TOT DIE DOEL. Maar daar is iets daarin wat ‘n tintel in jou tone sit. Ek het ‘n onuitputlike wanderlust. as ek net die geld en die TYD gehad het!!! maar ek is dankbaar vir wat ek reeds doen. Dankie Demoerin, dit was nou regtig interessant!!

Trackbacks/Pingbacks

  1. Hoe vinnig ry ‘n sneltrein? | Toortsie se Blog - Januarie 8, 2011

    [...] nie. Intussen het ‘n blogvriend “toevallig” ook oor vinnige treine geskryf, en hier is sy weergawe. Baie [...]

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers