Dit is die tweede dag van die 16 dae van aktivisme teen die mishandeling van vrouens en kinders. Dit is baie hartseer dat daar wel so ‘n projek moet wees, want dit behoort 365 dae ‘n jaar te wees – en elke mens: man, vrou, seun en dogter in te sluit.
In my oë gaan dit oor RESPEK. En respek kweek verdraagsaamheid. Nie net vir ander nie, maar ook vir jouself. Hoe kan jy jouself respekteer as jy wetend ’n ander persoon tenakom? Nie net fisies met jou vuiste nie – maar ook verbaal met jou woorde.

En more is dit weer Sisters with Blisters vir dieselfde doel.
Kindermishandeling maak my die olga in. As jy ‘n rot moet wees, gaan meng jou met ander rotte op ‘n plek waar daar geen kinders in ‘n 100 km radius is nie.
Wys jou net hoeveel onreg daar aan mense al gedoen is… want dit is inherent waarop hulle reageer… die interne woede / seer / kwaad.
Skokkend!
Ek sê steeds: as vrouens meer selfrespek en meer waardigheid aan die dag lê – meer mekaar ‘n plek onder die son gun; meer verantwoordelikheid neem vir vrouwees; meer waarde aan hulle eweknie heg…
) – kyk maar na advertensies/tydskrifte/musiekvideos… TOTDAT die hele female race nie “STOP” skree nie – tot dan sal mishandeling in enige vorm voortduur.
Vrouens is uiteindelik steeds vrouens se eie ondergang en grootste oorsaak/rede vir eindelose hartseer. Heimlik verheerlik en verlekker vrouens hulself eintlik net in ‘n ander vrou se tekortkominge/teleurstellings en verliese.
Ek weet dis gruwelike veralgemening, maar as vrouens nie opstaan en saamstaan teen die gruwelike vernedering van vroue (wat so baie sien as kompliment
Is ek seriously so ‘eng’ dat ek dit as misbruik sien?
Is ek heeltemal geskroef as ek ‘n girl by die werk aanspreek oor haar skamele kleredrag? Is ek wragtig so ‘agter die klip’ as ek ‘n man oor die vingers tik wat ‘n suggestiewe epos uitstuur – na kollegas rondom my?
Ek weet elkeen het sy prys. Maar die prys wat die samelewing moet betaal, omdat sekere vrouens miljoene uit vrouwees verdien, is onberekenbaar. En solank ‘n vrou nie leer om NEE te sê en haar man te staan nie… so lank sal abuse aanhou.
Ek stem SO met jou saam BB. Die afgelope tyd het ek weer gesien hoe ‘n vrou, wie se man haar gelos het vir ‘n ANDER vrou, PRESIES DIESELFDE probeer doen aan ‘n heeltemal ander vrou – deur met haar man te lol, WETEND dat hulle nog getroud is en deur ‘n rough patch gaan. Eintlik het sy al VOORDAT sy dit geweet het, die man begin inkatrol. Sies, dit maak my naar. Hoe kan mens aan iemand anders iets doen wat jy aan jou eie bas ervaar het en jou soveel hartseer gebring het. Maar nou ja, thats our woman for you.