Ek weet dit is nie mooi om vir ander mense te lag nie… maar ek het lanklaas so lekker gelag soos met gisteraand se The Amazing Race…. en ek kannie wag vir volgende week nie, want blykbaar gaan hulle as taak ‘n dans moet leer…. en dit is hoekom ek nie kan wag nie….
Oh my soul!
Ek kan nie glo daai twee het dit so ver in die game gemaak nie!
Ek belowe jou… die trane het geloop… en nou bêre ek die res van die trane vir volgende week.
Volgende week is die einde, nie waar nie?
So ‘n week of twee gelede het die prat boys my laat
Die een het geweier om te hardloop en was vies as die ander een wil hardloop.
Dan gaan dit ‘n snaakse einde wees…
Sjaaim. Die arme drommel.
Ek is nou skoon kortasem gelag
Ek lag nog elke keer wat ek dit kyk.
Loop was nog nooit so moeilik nie – whahahahahaha.
Fokkit ek het nog nooit so iets gesien nie. Dit lyk of hy miggies vang.
Oits!
So lekker nou gelag vir dié Andrew… Ai!
Ek het so probeer loop net om te sien hoe moeilik dit kan wees. Nou ja, ek het nie geweet iemand kan so onder gekoordineerd wees nie. dit is skreeu snaaks