Archive | December, 2010

RIP 2010

31 Dec

2010 is verby. RIP. Geskiedenis.

Tyd om die swartbord skoon te vee en te konsentreer op elke nuwe gegewe dag van 2011.

Geniet jou Oujaar Partytjie. Partytjie Verantwoordelik. Wees versigtig op die paaie, en moenie drink en bestuur nie. Ek glo die laaste manier waarop jy 2011 wil begin is in die tronk, hospitaal of lykshuis.

WHOZA 2011. We are ready!

Cowboy Geregtigheid

29 Dec

Sodra ek ‘n link kan opspoor, sal ek hom hier plaas (Link). Vanoggend was daar ‘n berig op Eye Witness News, 702 (Ek skryf nou wat ek kan onthou). ‘n Graad 10 leerling en sy vriend was oppad huistoe laasweek. Die metro/polisie was besig om ‘n voortvlugtige te jaag, en het die outjie as daardie persoon aangesien.

Die jong man is met ‘n rubberkoeël uit ‘n haelgeweer getref in die oog (Hy sê hy was net bloot op geskiet, die metro/polisie se weergawe is dat die haelgeweer afgegaan het toe hulle hom probeer arresteer het). Toe hy op die grond geval het, is hy verder aangerand. Hy is daarna na Chris Hani Baragwanath Hospitaal geneem waar sy oog, en die rubberkoeël verwyder is onder bewaking.

Die jong man is daarna vir nog 3 nagte in selle aangehou (oor Kersnaweek), om sodoende Dinsdagoggend in die hof te verskyn, waar hy natuurlik deur die Magistraat vrygelaat is, omdat hy heeltemal onskuldig is.

Die seun se lewe is vir ewig verander, en al wat die Metro/Polisie kan doen, is om dadelik laer te trek en om onmiddelik die offisier te verdedig, met ‘n weergawe wat duidelik teenstrydig met die van die seun is.

Nou wonder ek net… Is dit die tipe cowboy geregtigheid wat ons mee tevrede moet wees?

Word mense links en regs gearresteer om die Metro/Polisie goed te laat lyk? Hoeveel mense word na naweke in aanhouding net deur die Magistrate op ‘n Maandagoggend vrygelaat? Ons lees atyd van hoeveel mense gearresteer is (en die getalle klink altyd indrukwekkend), maar hoeveel maak dit tot in ‘n hof (of tot in ‘n tronk)? 

Al het die skoot in die onderonsie afgegaan (volgens die Polisie se weergawe), hoe probeer jy iemand arresteer en boei met ‘n gelaaide haelgeweer in die hand (Sekerlik kan dit nie normale prosedure wees nie?) Gaan daar ooit iets met daardie beampte gebeur, of word die “amptelike” weergawe maar net so aanvaar (komende van die Polisie wat ons weet alreeds deurtrek met korrupsie is)?

Vrydagskool….Oukersdag

24 Dec

Ons staan aan die vooraand van Kersfees. Die dag waarop die geboorte van Jesus herdenk word. Vir party is dit ‘n Jesusdag, vir ander dalk weer net ‘n presente-dag, maar my wens, en gebed, is dat dit vir elkeen ‘n “stock-take” dag sal wees.

Wat het ek in 2010 gedoen? Waar het ek iemand gefaal? Waar het ek myself gefaal? Poog ek daarin om die beste mens moontlik te wees? Is ek die tipe mens wat ander moet na streef om na te volg – of ly ek ander oor ‘n afgrond. Was my vlymskerp woorde altyd nodig? Speel ek met mense en hul gevoelens asof die lewe een groot skaakspel is?

My wense, en gebed, is dat die mensdom se vrede, liefde en welwillendheid van ‘n enkele dag, kan oorspoel in elke dag van 2011 in. My wense is dat elkeen ‘n voorspoedige 2011 sal hê, en ek wil vra dat jul ‘n wens hier sal gaan plaas, en sodoende help dat iemand anders ook ‘n voorspoediger 2011 kan hê.

Vakansie – Party

23 Dec

Ek is nie op verlof nie, en sal erken dat ek ‘n bietjie jaloers is op die vakansiegangers. Dit help natuurlik glad nie om iewers te bly wat voel soos ‘n vakansieoord in die berge nie. Ons hou maar vandag bietjie partytjie. Ek klink ‘n glasie op al die ander werkendes wat na die land se ekonomie omsien, terwyl die ander op die strand braai…. draai op daardie volume!

Heeehaaaa – al om die lessenaar, en as jy opklim – passop net dat jy nie jou PC laat afbliksem nie! Daar is geen ouderdomsbeperking op PRET nie!

Stof Tot Nadenke

21 Dec

Die Malinke stam het die volgende gesegde:

If you wait for tomorrow, tomorrow comes.

If you don’t wait for tomorrow, tomorrow comes.

Wyse mense hierdie.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 44 other followers