Archive | 7:26 vm

Vrydagskool…Maatjies

3 Dec

Onthou julle altyd die opwinding as nuwe maatjies in die klas inkom? Wel, ons het mos ‘n nuwe maatjie in wording vir die Vrydagskoolklas… en hier is die eerste foto wat ek in die hande kon kry -

Daar is 2 definitiewe dinge wat in 2010 uitstaan as absolute hoogtepunte:

  • Hierdie pot het ‘n deksel(s) gekry. Ek het 2 ongelooflike girls in my lewe bygekry en
  • Die opwinding rondom die swangerskap.

Ek moet eerlik erken, dat behalwe vir die absolute opwinding, dit natuurlik baie aanpassing is om te gaan van single – na ‘n gesin – en dan ‘n verwagte verdere toevoeging tot die gesin. Dit voel nog steeds soos bungee jumping – Absolute opwindende adrenalien rush, gemeng met absolute vrees. Die vrees is natuurlik soos gewoonlik oor die “onbekende” faktor, die feit dat jy nog nie self daardie paadjie voorheen gewandel het nie. Wat ek wel oor seker is, is dat ek die nuwe avontuur met niemand anders as die 2 girls in my lewe sou wou deel nie.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers