Ek is werklik gelukkig… die foto is wat ek gisteraand kon aanskou, en elke ander dag van die jaar sou ek so lus voel, want dit is die uitsig van buite my voordeur.
Daar is kleur-transformerende verf op die palet wat hierdie onbekostigbare skilderye verf, want nie 2 dae lyk dieselfde nie. Hoekom kan die natuurprag nie genoegsame inspirasie wees nie? Hoekom kan ons as mens nie besef dat ons as deel van hierdie skepping ook bedoel is om sulke pragwerke te wees nie?
Desember is een van my gunsteling maande, juis vanweë die feit dat daar gewoonlik meer vrede, vreugde en welwillendheid onder die mensdom is. Maar daar is iets fout. My hart skeur elke dag as ek die nuus aanhoor en die koerante lees. Ek kry skaam vir my mede-wêreldgenote; BAIE skaam vir my mede-landsgenote; want die huidige stand is verseker nie hoe dit bedoel was om te wees nie.
Hoe vermoor jy iemand koelbloedig? Hoe verkrag jy jou eie kind? Hoe mishandel jy ‘n ander persoon? Hoe..Hoe..Hoe..?
Hoe voel dit om die blerts wit verf op die meesterstuk skildery te wees? Die feit dat die mens kan redeneer is veronderstel om ons beter te maak as die baobab en die Victoria valle, nie slegter nie. Die mens is veronderstel om die skildery af te rond, nie te ruineer nie.

Onlangse ondersteuners: