Die lem glinster in die vroeë oggendson. Gisteraand se doupêrels kleef nog aan die helderpienk blomme. Dis ’n bougainvillea. Ek onthou hoe hulle elke somer in die vet buurvrou se tuin gepronk het. Geel, wit en ligpienk Sy was nogal oorgewig vir iemand wat so aktief in haar tuin gewerskaf het. ‘n Bosloerie sit en raas in die Denneboom bokant my kop. Sy tergende skreeu ruk my terug na die hede, na Operasie Tien.
Ek loer na my horlosie. Bliksem, ek is ’n hele uur te vroeg. Ek loer na die take-away, Sasol-garage-koffie langs my op die parkbankie. Daar is darem bitter min so lipafleklekker soos die aroma van ‘n goeie brousel koffie nie. In so 2 minute sal dit perfek wees om te drink. ’n Operasie ritueel. Vandag die tiende keer. Ek laat gly die flymskerp lem oor my handpalm. Perfek. Operasie Tien sal net soos Operasie Nege, en die ander agt voor dit; sonder voorval, wel amper, uitgevoer word. Noukeurige beplanning word met sukses beloon.
Onlangse ondersteuners: