Archive | 9:44 vm

Nog net een asseblief?

13 Dec

Die Pastoor by ‘n troue Saterdag het my aan die laat dink… kanse.

Sonder tweede, of dalk meer kanse sou die lewe maar kort vir die mens gewees het. Ons het dikwels meer as een kans op liefde en vergifnis. Ons word talle kanse gegun om jammer te sê. Elke nuwe minuut is nog ‘n kans om op die vorige minuut te verbeter. Elke sonsopkoms is ‘n kans om op die vorige dag te vebeter, of om reg te maak waar ek verbrou het.

En ek het offisieel al 13,097 sulke nuwe dag – kanse gehad, en hoop om nog heelwat sulkes te hê – maar die feite van die lewe dikteer anders. My denke, en wense,  is nie in beheer van hoeveel nuwe dagbreke ek gaan sien nie. Ek wonder hoeveel verbroude kanse lê in daardie 13,097 dae opgesluit?

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers