Archive | 7:46 vm

Vrydagskool….Kerstyd

17 Dec
It is up to us!
 The World. Tired. Anxious. Cold.
Waiting, hoping for someone bold;
To spread around the hope and love;
That was crafted by a single star above.
 Peace and prosperity for all to share;
With selfless brethren who really care.
A mass burial of the anger and hate;
The time for marvel can never be late.
 A grant man chooses not to accept;
Blinded by sin we believe we’re inept.
But in good faith ability was given;
To share this earth as peaceful haven.
 My wish to everyone this festive season;
Is opened eyes to fathom every reason;
Why YOU are the one that must be bold,
To stand up and dispel the gnawing cold.
 ____________________________
 Luister!
 Sit stil en dalk kan jy net aanhoor;
Duisend stemme in die englekoor.
Soek dan die ster in die donker nag;
Sien uit na alles wat more dalk wag.
 Lied van liefde gedeel in die lewe;
En vrede om daagliks na te strewe.
Wees jy die voorbeeld in elke dag;
Van ‘n lewe waarna ander wil smag.
 Sit eers eenkant liggies en geskenke;
En deel met ander hierdie wenke.
Verruil die haat en onmin vir sag;
Al is dit net vir hierdie enkele nag.
 Miskien sal dit soos brand versprei;
En saam met my Kerswense gly;
Om die wêreld met liefde se krag;
Die mens wag al lank vir ‘n beter dag!
 ___________________________

Dit is my beskeie rymelary poging vir hierdie Kerstyd, nes in 2008 toe ek dit die eerste keer gepen het.

**********

Ons het nie almal duisende rande om ‘n verskil in ander se lewens te maak nie, maar die waarheid is, dat soveel geld nie nodig is nie.

Hier is my 2 uitdagings aan almal gedurende hierdie week voor ons die Christusfees vier…..

  1. In Checkers, Spar of selfs die vulstasie quickshop: Kies ‘n victim. Voor die tyd, of selfs net die persoon voor of agter jou in die ry by die kassier. Betaal daardie persoon se aankope vir hom of haar. Dit mag dalk net iemand se brood, pastei en coke wees (gooi sommer ‘n chocolate vanaf die rak ook by), maar ons besef nie hoeveel verskil daardie R30 vir daardie persoon mag beteken nie. Mens sien baie dat die kinders vra vir ‘n sjokolade en die ouers moet nee sê, want selfs ’n Lunch Bar is vir hulle ‘n luxury. Koop sommer vir hom twee. Moet nou nie skaam wees en dit hou by een winkelbesoek hierdie week nie. R50 gaan jou nie veel armer maak nie, maar dit kan iemand anders verryk;
  2. Tafels dra gewoonlik gebukkend aan al die Kersetes. Tafelpote staan en bewe onder die inspanning om nie in te gee nie. En nadat ons gewoonlik trommeldik is (want Kersete is ‘n toelaatbare indulgence) is daar gewoonlik net soveel oor as wat aan gesmul is. Nou hierdie maak nie saak of dit by jou huis is, en of jy ‘n gas iewers is nie. Vra vir jou gashere vir ‘n woefkardoes, of pak vir jou gaste een. Die doel is dan om oppad huistoe, ‘n klein stukkie van ‘n Kersete aan iemand te gee, tesame met ‘n bietjie goeie wense. Dit mag die ou op die hoek wees by die verkeerslig, of die sekuriteitsman wat jou kompleks se hek beman.

************

My gebed is dat een en elk van julle ‘n ongeloofike geseënde Kerstyd sal hê. My gebed is dat vrede, vreugde en welwillendheid in groter aanbod, en aanvraag sal wees, as die blinkste geskenkies.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers