Vakansie – Party

23 Dec

Ek is nie op verlof nie, en sal erken dat ek ‘n bietjie jaloers is op die vakansiegangers. Dit help natuurlik glad nie om iewers te bly wat voel soos ‘n vakansieoord in die berge nie. Ons hou maar vandag bietjie partytjie. Ek klink ‘n glasie op al die ander werkendes wat na die land se ekonomie omsien, terwyl die ander op die strand braai…. draai op daardie volume!

Heeehaaaa – al om die lessenaar, en as jy opklim – passop net dat jy nie jou PC laat afbliksem nie! Daar is geen ouderdomsbeperking op PRET nie!

8 Responses to “Vakansie – Party”

  1. BB December 23, 2010 at 8:53 vm #

    Ekke werk ook nog. :( Tot vanmiddag… Dié ou plekkie maak dan toe vir die hele week tot die 3de Jan. Oits!!! Ek kannie wag nie!! Ek het nog sooooo baie om te doen:
    *my spyskaart se grocery lysie lê oppe ander window hier neffens – en hy groei met rasse skrede :roll: ons gaan ons dóódvreet as ek die saak so kyk
    *my kersfeesbriefie virrie kinders op Word
    *my bloginskrywing vir Kersfees in Drafts
    *my gediggie virrie H3
    *my photoshop-samestelling vir ‘n last-minute geskenk idee

    Ek gaan my wraggies DOODwerk vandag!!! :mrgreen:

    Ag, laat ‘hulle’ maar lekker op die strand baljaar – ek weet net ek gaan nie na Kersfees met ‘n moerawiese bondel wasgoed sit en probeer om iewers nog ‘n dag of 2 se ontspanning in te werk nie. Môre kook ek dat die byle huil en van Kersdag af is dit net ontspan en vrede op aarde en merry en liefde all round :wink:

    • demoerin December 23, 2010 at 2:51 nm #

      Jinne, wat ‘n klomp goete.
      Ek moes net een ding doen, paar laaste goete by Sandton kry… maar ek dink dit was erger as joune, want ek het ‘n 6 jarige saamgehad :lol:

  2. Choppy December 23, 2010 at 9:31 vm #

    Ek werk ook nog… net die vakansiedae af.

    • demoerin December 23, 2010 at 2:52 nm #

      Join the club…whooooohoooooo

  3. toortsie December 23, 2010 at 2:15 nm #

    Dankie vir al die werkendes. Maar so tussen die vakansie hou het ek ook nog ‘n klein joppie of 2 te doen…soos laaste lone oorbetaal…

  4. Xena Phoenix December 24, 2010 at 8:22 vm #

    Ek le so leeg as moontlik! Daar is beslis geen ouderdomsbepperking op pret nie.

Trackbacks/Pingbacks

  1. Vir almal in Blogland « Kouevuur - December 23, 2010

    [...] Demoerin – Een van die dae is jy pa – my skryfmaat, ek wens vir jou en Plein net vreugde toe met die baba. En DMI – moet nooit ophou skryf nie, selfs nie as die pajamadril jou dalk vorentoe te moeg maak nie! [...]

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers