Ons staan aan die vooraand van Kersfees. Die dag waarop die geboorte van Jesus herdenk word. Vir party is dit ‘n Jesusdag, vir ander dalk weer net ‘n presente-dag, maar my wens, en gebed, is dat dit vir elkeen ‘n “stock-take” dag sal wees.
Wat het ek in 2010 gedoen? Waar het ek iemand gefaal? Waar het ek myself gefaal? Poog ek daarin om die beste mens moontlik te wees? Is ek die tipe mens wat ander moet na streef om na te volg – of ly ek ander oor ‘n afgrond. Was my vlymskerp woorde altyd nodig? Speel ek met mense en hul gevoelens asof die lewe een groot skaakspel is?
My wense, en gebed, is dat die mensdom se vrede, liefde en welwillendheid van ‘n enkele dag, kan oorspoel in elke dag van 2011 in. My wense is dat elkeen ‘n voorspoedige 2011 sal hê, en ek wil vra dat jul ‘n wens hier sal gaan plaas, en sodoende help dat iemand anders ook ‘n voorspoediger 2011 kan hê.

Onlangse ondersteuners: